Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisie ondersoek nog bewerings teen Breytenbach

Nog drie klagte van onsedelike aanranding en/of seksuele aanranding word teen Willem Breytenbach (55), sakeman, oudonderwyser en voormalige Media24-joernalis, ondersoek.

Breytenbach moet Dinsdag weer in die landdroshof in Kaapstad verskyn op twee aanklagte – een van seksuele aanranding en een van onsedelike aanranding.

Speurders verbonde aan die Wes-Kaapse eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings het Breytenbach op Dinsdag 3 Desember verlede jaar by sy sielkundige se spreekkamer in Hartenbos in die Suid-Kaap in hegtenis geneem.

Hy is daarna na Kaapstad gebring en het in die landdroshof verskyn op die twee aanklagte. Hy is op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Die aanklag van onsedelike aanranding spruit uit ’n beweerde voorval in 1997. Die klaer in die voorval was toe 16 jaar oud en nog op skool.

Die aanklag van seksuele aanranding spruit uit ’n beweerde voorval in 2017. Die klaer is ’n volwasse man.

Die aanklag van onsedelike aanranding word as sodanig beskryf omdat dit glo plaasgevind het voor 2007, toe die Kinderwet aangepas is. As dit ná 2007 gebeur het, sou dit as verkragting beskryf kon word.

Die nuwe aanklagte wat nou teen Breytenbach ondersoek word, spruit glo uit die tydperk toe hy ’n onderwyser by Grey Kollege in Bloemfontein was en ook ’n onderwyser by ’n skool in Riversdal. Die klaers was ten tyde van die beweerde voorvalle almal minderjarige seuns.

Meer oor:  Willem Breytenbach
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.