Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisie soek 2 mans ná onderwyseres se verkragting
’n Identikit van een van die verdagtes wat in verband met ontvoering, roof en verkragting gesoek word.Foto: SAPD

’n Jong kleuterskool-onderwyseres wat verkrag is toe sy saam met ’n vriendin en kollega ontvoer en beroof is, het die polisie gehelp om ’n identikit van haar verkragter saam te stel.

Die verkragter en nog ’n man was onderskeidelik die deurwag en die bestuurder van die minibustaxi wat die twee onderwyseresse op 30 September vanjaar opgetel het.

Die twee vroue was op pad na hul huise in Eersterivier van hul werk in Bellville. In plaas daarvan dat die verdagtes die vroue egter in Eersterivier afgelaai het, het hulle met die vroue rondgery voordat hulle die vroue naby die Vangate Mall by Athlone beroof het. Een van die mans het ook een van die onderwyseresse verkrag.

Die mans het daarna die vroue afgelaai en in die minibustaxi, ’n wit Toyota Quantum met die registrasienommer CF 42604, van die toneel af gevlug. Die voertuig is verlede week uitgebrand gevind nadat dit as gesteel aangemeld is.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê ’n identikit is van die een verdagte saamgestel met die hulp van die onderwyseres wat verkrag is. Die tweede verdagte, die taxibestuurder, se foto is van kringtelevisiebeeldmateriaal gekry waar die verdagtes ’n kitsbank by ’n vulstasie gebruik het.

Hy vra enigiemand met inligting oor wie die twee mans is of waar hulle hul bevind, om die ondersoekbeampte, ao. Izak Gordon, by Kuilsrivier se FCS-eenheid by 082 522 1047 te kontak. Die Stop Misdaad-nommer 0860 010 111 kan ook geskakel word.

Die polisie soek ook na dié man wat hier op ’n kringtelevisiebeeld vasgevang is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.