Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisiebaas wat ‘martel’ uiteindelik vervolg
Jan Mabula, voormalige adjunkpolisiekommissaris in Noordwes en ’n voormalige generaal-majoor in die Valke.

’n Oudpolisiebaas wat van marteling beskuldig word en al jare toutjies trek om uit die hof te bly, gaan oplaas vervolg word.

Jan Mabula, voormalige adjunkpolisiekommissaris in Noordwes, se dringende hofaansoek om die vervolging nogmaals te staak, het die afgelope week misluk. Boonop het ’n hoë van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) die besluit van die Gautengse direkteur vir openbare vervolging, adv. Andrew Chauke, om die saak teen Mabula verlede maand vir die soveelste keer uit te stel, erg gekritiseer.

Mabula, ’n voormalige generaal-majoor in die Valke, en sewe ander speurders wat onder hom gewerk het, moes op 6 Oktober in die streekshof in Johannesburg verskyn het, totdat Chauke die dagvaardings op 1 Oktober uit die bloute teruggetrek het. Dié besluit het Mabula en sy medebeskuldigdes ’n tweede geleentheid gebied om voorleggings oor hul vervolging aan adv. Shamila Batohi, NVG-hoof, te maak. Hul vorige pleidooie in 2018 het misluk.

Die aanklagte, wat al sedert 2006 sloer, sluit in marteling, menseroof en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die staat beweer Mabula en sy medebeskuldigdes het tussen 29 Mei en 1 Junie 2006 drie mans in Johannesburg ontvoer en gemartel. Die drie is daarvan verdink dat hulle ’n groot bedrag geld en dwelms uit ’n polisiekluis in Benoni gesteel het wat ná ’n rooftog by die O.R. Tambo-lughawe teruggevind is. Hulle ontken dit.

Luidens die klagstaat is Paul Kgoedi, Serious Mthembi en Richard Sebuyi naby Braamfontein ontvoer, kaal aan stoele vasgemaak, geskok, aangerand en gesmoor. In ’n dramatiese wending in die saak was daar op 16 Oktober, kort nadat Mabula-hulle nogmaals kans gekry het om aan die regsproses te ontglip, ’n beweerde sluipmoordaanval op Kgoedi en sy vrou by hul huis in Daveyton aan die Oos-Rand.

Adv. Rodney de Kock, adjunk- nasionale direkteur van openbare vervolging, het op 28 Oktober in ’n brief aan Chauke sy besluit gekap om Mabula ’n tweede kans vir vertoë te gee.

“Jou besluit om die dagvaardings terug te trek vir die beskuldigdes om in die hof te verskyn, (was) ongeldig en strydig met die opdrag wat jy van dié kantoor ontvang het.”

Hy vra dat Chauke die saak op die hofrol hou terwyl “die prokureurs by die nasionale direkteur van openbare vervolging vir hersiening (in die saak) aansoek doen. Die hofdatum sou 23 November wees – maar Dinsdag het Mabula en sy medebeskuldigdes ’n dringende hofaansoek in die hooggeregshof in Pretoria ingedien om die vervolging tydelik te staak.

Die saak sal nou op 22 Januarie in die hooggeregshof in Johannesburg voortgaan, het Sipho Ngwema, NVG-woordvoerder, Vrydag bevestig.

De Kock se teregwysing van Chauke het aan die lig gekom ’n week nadat bekend gemaak is dat Chauke se vrou, Pumeza Futshane, ’n beswaarskrif aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur het waarin sy vir Batohi van teistering beskuldig.

Futshane is die Johannesburgse hoofaanklaer. Haar brief is deur 30 ander aanklaers onderteken. Dit is dieselfde dag versend as wat De Kock se brief aan Chauke gestuur is.

Meer oor:  Oudpolisiebaas  |  Hof  |  Marteling  |  Valke  |  Jan Mabula
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.