Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisielede laat man aan pen ry vir moord op baba

Twee polisiemanne van Worcester is in die Kaapse hooggeregshof en deur die waarnemende polisiekommissaris lof toegeswaai vir hul toewyding wat daartoe gelei het dat ’n man vir die moord op ’n 18 maande oue baba, “wat van die bed afgeval het”, 25 jaar tronk toe gestuur is.

Luidens ’n polisieverklaring het regter André le Grange Vrydag in die hooggeregshof gesê as dit nie vir die vinnige optrede van die twee ondersoekbeamptes, sers. Revah Readien en konst. Johan Saayman, was nie, sou die saak onopgelos gebly het.

Le Grange het Reginald Bezuidenhoud (36), wat die ma se kêrel was, daarna tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die name van die ma en die baba is nie deur die polisie bekend gemaak nie.

Die saak spruit uit ’n voorval waarin die polisie op 9 September 2018 na die provinsiale hospitaal in Worcester ontbied is nadat die babaseun breindood verklaar is. Daar is beweer dat hy van die bed afgeval het.

Readien en Saayman het egter besef dat alles nie pluis was nie en het Bezuidenhoud drie dae later in hegtenis geneem.

In ’n voorlopige ondersoek is bevind dat die baba verskeie hoofbeserings weens ’n aanranding opgedoen het en dat dit sy dood veroorsaak het.

In ’n lykskouing wat later gedoen is, is gevind dat die seuntjie se skedel gekraak was, sy ribbes was gebreek en hy het geringe beserings oor sy lyf en gesig gehad.

Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in die Wes-Kaap, genl.maj. Mpumelelo Manci, sê in ’n verklaring dié vonnis is ’n aanduiding van hoe ernstig die SAPD prioriteitsmisdade, soos geweld teen vroue en kinders, ag en opvolg.

Hy het Readien en Saayman geprys vir die goeie werk wat hulle gedoen het.

Meer oor:  Worcester  |  Moord  |  Polisielede  |  Misdaad  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.