Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisielid kry 50 jaar vir korrupsie, diefstal
Frikkie de Bruin, voorheen ’n speurder van Odendaalsrus, is tot altesaam 50 jaar tronkstraf gevonnis vir korrupsie en diefstal.

’n Speurder van Odendaalsrus is tot 50 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ’n polisiedossier gesteel en verkoop het en ’n skootrekenaar van die polisiediens verpand het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die gewese speurder Ao. Frederick (Frikkie) de Bruin (50) het op 20 Januarie ’n man genader wat van roekelose en nalatige bestuur aangekla is.

De Bruin, wat niks met die ondersoek te make gehad het nie, het aangebied dat hy teen R5 000 die polisiedossier sal steel en laat verdwyn. ’n Fluitjieblaser het die voorval by die polisie se provinsiale teenkorrupsie-eenheid aangemeld.

Die polisie het ’n lokval vir De Bruin gestel en hy het die dossier aan die fluitjieblaser oorhandig en R5 000 daarvoor ontvang.

Makhele sê terwyl lede van die teenkorrupsie-eenheid De Bruin se huis deursoek het, het hulle op ’n kwitansie van ’n pandjieswinkel afgekom. ’n Skootrekenaar wat aan die staat behoort, is in die pandjieswinkel gevind en die polisie het daarop beslag gelê.

Makhele sê De Bruin is van korrupsie, diefstal van die dossier en die skootrekenaar, asook dwarsboming van die gereg aangekla.

Hy is onmiddellik uit die polisie geskors en is Maandag in die streekshof in Odendaalsrus tot 15 jaar elk op die klag van korrupsie, asook die twee diefstalklagte gevonnis. Hy is tot vyf jaar tronkstraf vir dwarsboming van die gereg gevonnis.

Sers. Vusimuzi Ngomanedie van die teenkorrupsie-eenheid was die ondersoekbeampte.

De Bruin was volgens ’n kennis voorheen in die polisiediens, maar het bedank en ’n tyd lank sy eie onderneming bedryf voordat hy weer as polisielid aangestel is.

Meer oor:  Frederick De Bruin  |  Bedrog  |  Polisie  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.