Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisielid se ‘moordenaar’ in hof op Keimoes

’n Groot groep mense het Maandagoggend die eerste hofverskyning op Keimoes in die Noord-Kaap van die vermeende moordenaar van ’n polisiebeampte bygewoon om te vra dat die man nie op borgtog vrygelaat word nie.

Emmanuel Chidumi Okafor (35), ’n Nigeriese burger, het op ’n aanklag van moord in die landdroshof verskyn.

Hy het nie om borgtog aansoek gedoen nie, waarna sy verhoor tot 23 Maart uitgestel is vir verdere ondersoek. Hy bly tot dan in aanhouding.

Okafor word daarvan beskuldig dat hy konst. Stefano Visagie, lid van die polisie se eenheid vir openbare orde in Upington, verlede Woensdag omstreeks 05:40 doodgesteek het.

Inwoners Maandag voor die landdroshof in Keimoes waar Emmanuel Chidumi Okafor op ’n aanklag van moord verskyn het. Foto: Facebook/Mervin Andrew Willemse

Visagie het by ’n vriend se huis in Lennertville, Keimoes, oorgeslaap en is minstens een keer in die bors gesteek terwyl hy nog geslaap het.

Okafor het daarna glo gevlug, maar is die volgende dag in Krugersdorp aangekeer.

Stanley Peterson, nasionale Khoisan-leier van die Griekwas, sê mense het van Upington en ander omliggende dorpies gekom om die hofsaak by te woon en te vra dat die beskuldigde nie borgtog kry nie.

“Ons is vir eers tevrede dat hy nie borgtog gekry het nie. Maar ons wil ook weet waar die minister is. Waar is Bheki Cele (minister van polisie)? Hy besoek elke polisieman wat vermoor word, hoekom was hy nog nie in Keimoes en Upington nie?” wou Peterson weet.

Visagie se dood het daartoe gelei dat inwoners van Keimoes, Upington en nou ook Kenhardt, sowat 128 km van Upington, in opstand gekom het teen dwelmhandelaars in hul onderskeie gemeenskappe.

Meer oor:  Emmanuel Chidumi Okafor  |  Keimoes  |  Polisiemoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.