Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisielid wat PnP-bestuurder aanrand in hof


’n Polisielid het Vrydag die eerste keer in die hof verskyn nadat hy die bestuurder van ’n Pick n Pay-winkel in Reiger Park aangerand het.

Konst. Michael John Sei het met ’n wit T-hemp en blou broek in die landdroshof in Boksburg aan die Oos-Rand verskyn.

Konst. Michael John Sei het met ’n wit T-hemp en blou broek in die landdroshof in Boksburg aan die Oos-Rand verskyn. Foto: Brümilda Swartbooi
Michael John Sei word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding deur dreigemente en die hantering van ’n vuurwapen terwyl hy onder die invloed van drank was. Foto: Brümilda Swartbooi

Sei word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding deur dreigemente en die hantering van ’n vuurwapen terwyl hy onder die invloed van drank was.

In ’n video oor die voorval kan gesien word hoe die polisieman van die parkeerterrein op ’n man op ’n sypaadjie afpyl. Die polisieman slaan daarna die man met sy vuis en nog ’n polisielid kom stop dan die gebeure.

Crystal Keevy, Sei se regsverteenwoordiger, het in die hof gevra Sei moet intussen na die aanhoudingselle by die Primrose-polisiekantoor oorgeplaas word.

Voor Sei se verskyning moes die media eers aansoeke indien oor waarom hulle daaroor moet skryf of uitsaai.

Keevy het aangevoer haar kliënt se identiteit moet beskerm word en daarom het sy die aansoek teengestaan.

Landdros Cecil Kruger het egter beslis die media mag die hofsitting bywoon, dit uitsaai en daaroor skryf mits hulle nie foto’s of video’s van die hofpersoneel neem nie.

Met sy tweede hofverskyning sal Sei om borgtog aansoek doen. Angeline Mooiman, staatsaanklaer, het in die hof gesê die staat sal sy borgtog teenstaan.

Die saak is tot 22 Oktober vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel. Sei sal by die Primrose-polisiekantoor aangehou word.

Meer oor:  Michael John Sei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.