Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisieman moet gesteelde geld terugbetaal

’n Voormalige polisieman van Allanridge in die Vrystaat moet voor die einde van die jaar byna R50 000 terugbetaal wat hy by die polisie gesteel het, het die landdroshof gelas.

Ao. Ben Moalosi (50), wat destyds in die Allanridge-polisiekantoor se stoor gewerk het, is tot 31 Desember kans gegee om die R47 500 terug te betaal wat hy in 2015 uit die stoor gesteel het.

Hy het in Oktober skuld beken op die diefstal en is tot drie jaar tronkstraf gevonnis wat vir vier jaar opgeskort is. Die hof het ook gelas hy moet die geld terugbetaal.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die gesteelde geld behoort aan ’n familie wat dit in 2015 as losprys vir hul seun betaal het. Die geld is deur die familie en in samewerking met die polisie aan die seun se ontvoerders betaal. Die polisie het daarna toegeslaan en die ontvoerders aangekeer.

Volgens Makhele is die geld vir veilige bewaring in die polisiekantoor se stoor gehou terwyl die hofsaak aan die gang was.

Nadat die ontvoerders in 2018 gevonnis is, wou die familie hul geld terughê, maar daar is toe ontdek dit is skoonveld.

’n Saak van diefstal is deur sers. Vusimuzi Ngomane van die provinsiale teenkorrupsie-eenheid ondersoek.

Moalosi is kort daarna aangekeer en het uit die polisie bedank nadat hy op borgtog vrygelaat is.

Genl.maj. Lerato Molale, bevelvoerder van die Welkom-polisiëringsgebied, het beamptes gewaarsku dat hulle ook met die gereg te doen sal kry as hulle hulle aan misdade skuldig maak.

Meer oor:  Polisieman  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.