Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Wainstein: Polisieman, nog 4 in arres vir moordkomplot

Nog vyf mense, onder wie ’n polisieman, is in hegtenis geneem in verband met die moord op Brian Wainstein in Augustus 2017 in sy huis in Constantia, en het Dinsdagoggend in die Kaapstadse landdroshof verskyn.

Interpol se foto van Brian Wainstein.

Die vyf sluit hulle aan by Mark Lifman en Jerome “Donkie” Booysen, wat reeds op die moord teregstaan.

Andre Naude, Sam Farquharson, Jakobus Stevens, Egan Norman en Wayne Henderson, ’n speurder van die Seepuntse polisie, het hulle kort ná 06:00 by die polisie aangemeld.

Stevens is die neef van William “Red” Stevens, die vermoorde leier van die 27-bende van Kraaifontein.

Naude is ’n sakevennoot en vriend van Lifman en Booysen. Farquharson is ’n private speurder wat glo veral ondersoekwerk vir mense in die Kaapse onderwêreld doen.

Norman is glo by die uitsmytersbedryf betrokke.

Die vyf staan onder meer op aanklagte van sameswering om moord te pleeg, sameswering om openbare geweld aan te hits, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, korrupsie en regsverydeling tereg.

Sam Farquharson

Die hof het borgtog van R5 000 aan Naude en borgtog van R20 000 aan elk van die ander vier toegestaan.

Luidens die staat was hulle deel van ’n groep mans wat tussen April 2017 en November 2017 saamgesweer het om vir Wainstein te vermoor.

Egan Norman
Egan Norman

Lifman, Booysen en die vermoorde William “Red” Stevens is in Desember 2020 in verband met Wainstein se moord in hegtenis geneem. Naude is op borgtog van R50 000 vrygelaat, Farquharson en Norman op borgtog van R10 000 en Henderson op borgtog van R5 000. 

Jakobus Stevens

Onbekende mans het Stevens verlede week voor sy huis in Rembrandtstraat, Kraaifontein doodgeskiet. Hy is glo die persoon wat die dienste van Wainstein se moordenaars bekom het.

Die staat voer aan dat Lifman vir Wainstein se huurmoord betaal het. Hy het die geld na bewering vir Booysen gegee wat op sy beurt vir Stevens betaal het.

Lifman en Booysen se regsverteenwoordiger het die hof gevra dat die staat teen die twee se volgende hofdatum die volledige klagstaat aan hulle moet gee.

Die hof het ook gehoor dat van die beskuldigdes in die saak in die hooggeregshof in Kaapstad verhoor gaan word en van hulle in die streekhof in Kaapstad sal verskyn.

Die saak teen Lifman en Booysen is tot 12 Mei uitgestel. Die vyf ander mans moet nog vandag in die hof verskyn.

* Interpol het Wainstein vroeër gesoek nadat hy tien jaar lank onwettige steroïede van meer as R76 miljoen aan vooraanstaande sportlui wêreldwyd verskaf het.

3 dien reeds vonnisse uit

 Drie mense is reeds in verband met Wainstein se moord gevonnis.

In Junie 2020 is Fabian Cupido vir sy aandeel in die moord 25 jaar tronk toe gestuur. Hy het vroeër ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

Cheslin Adams is in Maart 2019 tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Matthew Breet is in Desember 2018 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat ook hy ’n pleitooreenkoms aangegaan het.

Jerome Booysen, Mark Lifman (middel) en William Stevens (regs) kort nadat hulle elk borgtog van R100 000 betaal het. Foto: Adrian de Kock

Meer oor:  Jerome Booysen  |  Mark Lifman  |  Kaapstad  |  Huurmoord  |  Moord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.