Die 21-jarige vermeende moordenaar van ao. Johan Lewis (48), wie se lyk in Januarie in ’n plaasdam by Nigel gekry is, bly in aanhouding tot hy weer in April in die hof verskyn.
Jan de Villiers word aangekla van moord en het Vrydag in die landdroshof in Nigel verskyn waar borgtog geweier is.
Lewis se weduwee, Jenny-Lynne Lewis (45), was in die hof en sy sê hulle is bly die beskuldigde het nie borgtog gekry nie. “Maar dit maak niks makliker vir ons nie.”
Haar man se lyk is op 13 Januarie in ’n plaasdam by Nigel gekry en De Villiers is kort daarna aangekeer.
Dit is onseker wat presies gebeur het, maar brig. Mathapelo Peters, die provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorlopige ondersoek daarop dui dat Lewis in die dam gestamp is en toe verdrink het.