Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisieman wat bloed kook, kry opgeskorte vonnis

’n Voormalige polisieman is ’n opgeskorte vonnis opgelê nadat hy dronkbestuurders se bloed in ’n mikrogolfoond help kook het om sodoende van die bewysstukke ontslae te raak.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Shaun Hoffman is verlede Vrydag in die handelshof in Bellville gevonnis.

Hoffman is skuldig bevind op twee aanklagte van korrupsie.

Hy het by die Pinelands-polisiekantoor gewerk en is in Desember 2015 deur die anti-korrupsie-eenheid in hegtenis geneem.

Hoffman was ’n adjudant-offisier toe hy by twee geleenthede mense genader het wat weens dronkbestuur in hegtenis geneem is. Hy het aangebied om die bloed wat getrek is as bewysstukke te vernietig deur dit in die mikrogolfoond te verhit.

Vir die een verdagte het hy R2 000 gevra en die ander R1 000.

Die hof het hom tot agt jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is.

Traut sê korrupsie in die polisie word in ’n baie ernstige lig bejeën. “Ons sal seker maak dat daar geen korrupte optrede in die SAPD is nie, sodat die gemeenskap deur toegewyde, eerlike polisielede gedien kan word.”

Meer oor:  Dronkbestuur  |  Polisieman  |  Bloed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.