Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisieondersoek sloer ná bejaarde se stamp

In die twee maande nadat die aanrandingsverhoor uitgestel is van ’n kombuiswerker wat glo ’n bejaarde vrou in ’n tehuis in Bloemfontein gestamp en met ’n gebreekte hand op die vloer gelos het, het die polisie nie verder met hul ondersoek gevorder nie.

Elize Devenish ná die voorval.Foto: Charl Devenish

Die verhoor van Cynthia Lebea (55), ’n werker van Engo se Ons Tuiste-sentrum vir bejaardes in Bloemfontein, is vir verdere ondersoek deur landdros Ryan Ishmail in die stad se landdroshof tot later vandeesmaand uitgestel.

Landdros Ishmail het Donderdag gesê dit is die finale uitstel om die ondersoek af te handel.

C.B. Choeu, aanklaer, het gesê die polisie se ondersoek is nog nie voltooi nie en die polisie kon niks verder vorder nie, omdat die ondersoekbeampte met verlof is.

Die polisie het nog nie die beeldmateriaal bekom van die voorval waarin Elize Devenish (79) op 22 Mei na bewering in die eetsaal van Ons Tuiste omgestamp en sowat vyf minute lank op die vloer gelos is terwyl sy in pyn verkeer het nie.

Cynthia Lebea met haar eerste verskyning in die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Dié video is wyd op sosiale media versprei.

Die polisie moet ook nog getuieverklarings van die voorval kry.

Lebohang Motloung van Regshulp SA tree vir Lebea op.

* Intussen het familie en vriende ’n Facebook-blad en aanlyn-geldinsameling vir Devenish begin.

Met die webwerf “Grandmother Elize needs you” word beoog om R120 000 in te samel om Devenish te ondersteun met haar mediese koste.

Nadat sy ’n noodoperasie vir haar gebreekte hand ondergaan het, het sy ’n beroerte gehad en haar

galblaas en galstene moes verwyder word.

Sy was vir drie weke in die Mediclinic Bloemfontein en is daarna na die Hillandale-rehabilitasiesentrum oorgeplaas.

Skakel na webwerf

Meer oor:  Bloemfontein  |  Uitgestel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.