Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisievrou onder druk in Panayiotou-saak
Adv. Terry Price, SC (regs) en Alwyn Griebenow (links), Christopher Panayiotou se regspan. Foto’s: Werner Hills

Die waarnemende hoof van die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad in Port Elizabeth was Woensdag in die Panayiotou-saak onder kruisverhoor omdat sy glo sekere gebeure nie in haar polisie-sakboek aangeteken het nie.

Lt.kol. Audrey Till het in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig in ’n binneverhoor in die saak oor die moord op Jayde Panayiotou.

Jayde is op 21 April 2015 voor haar huis in Port Elizabeth ontvoer. Haar lyk is 24 uur later in ’n verlate veld buite Uitenhage met skietwonde aan haar kop aangetref.

Die binneverhoor word gehou oor die toelaatbaarheid van ’n bandopname van ’n gesprek tussen Christopher Panayiotou, Jayde se man, wat na bewering gereël het dat sy vermoor word, en Luthando Siyoni, die beweerde middelman.

Die verdediging probeer die hof oortuig dat die bandopname onregmatig bekom is en nie as ’n bewysstuk toegelaat mag word nie.

van die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad in Port Elizabeth.

Siyoni het verlede jaar in die begin van die verhoor getuig die polisie het hom aangerand om verklarings en ’n bekentenis af te lê. Hy het gesê sy linkeroog het ’n sny gehad en was opgeswel ná die aanranding.

Till het getuig sy het in April 2015, kort ná Siyoni se inhegtenisneming, geen beserings aan sy gesig gesien nie. Siyoni was in dié eenheid se kantore nadat hy ’n bekentenis gemaak het. Hy het toe sy weergawe aan die polisie probeer bewys deur Panayiotou so ver te kry om sy aandeel in die moord te erken.

Sy het gesê die polisie het hom nie geïntimideer of gedreig om sy samewerking te gee nie.

Adv. Terry Price, SC, Panayiotou se regsverteenwoordiger, het Till uitgevra oor die aand van 29 April 2015 waarop Panayiotou by sy pa, Costa, se huis in Uitenhage in hegtenis geneem is.

Till het getuig sy het gehoor hoe kapt. Rhynhardt Swanepoel, ondersoekbeampte, aan Panayiotou sy regte voorlees, en gesien hoe Panayiotou weier om Swanepoel se sakboek te onderteken dat sy regte aan hom voorgelees is.

Price het gesê hy sukkel om dit te glo, aangesien nie een van dié stellings in haar polisie-sakboek aangeteken is nie.

Till het gesê sy het nie die inhegtenisneming gedoen nie en het dit nie nodig geag om dit aan te teken nie.

Price het volgehou dié stellings staan nie in haar boekie nie, omdat dit nie gebeur het nie.

Die hofsitting het Woensdagmiddag verdaag en sal weer Vrydag hervat.

Die beskuldigdes in die Jayde Panayiotou-moordsaak sit in die beskuldigdebank. Van links is Christopher Panayiotou, Sinethembe Nenembe en Zolani Sibeko.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.