Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polokwane-moorde: Houtgalg voor hof opgerig

’n Houtgalg net ’n tou en afdrukke van bebloede hande is Dinsdagoggend opgerig in die straat voor die Polokwane-landdroshof, waar twee beskuldigdes in verband met die moord op twee bekende en geliefde inwoners van die stad verskyn.

’n Betoging is vroegoggend voor die hof in Landdros Maré-straat begin.

Betogers het ’n houtgalg in die straat voor die landdroshof in Polokwane opgerig, waar die vermeende moordenaars van Lizette Deacon (55) en Hettie Deacon (79) verskyn. Foto: Deaan Vivier
Mense bid voor die landdroshof in Polokwane tydens die betoging voordat die twee mans vir die moord op die Ocean Basket-eienares Lizette Deacon en haar ma, Hettie, verskyn. Foto: Deaan Vivier

Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (79), is verlede Donderdag uit hul meenthuis in Welgelegen ontvoer en agter in Lizette se wit Honda-nutsvoertuig geboender.

Hul lyke met verskeie meswonde is ure later in die veld langs die R37-pad, sowat 25 km buite Polokwane, gekry.

Hul hande was met kabelbinders vasgebind en lappe was om hul koppe gebind.

Lizette was die eienaar van die Ocean Basket-restaurante in Mall of the North en in Savannah Mall. Hettie het haar met die bestuurspligte gehelp.

Lizette Deacon (55), ’n sakevrou van Polokwane is verlede Donderdag saam met haar ma, Hettie Deacon, ontvoer en vermoor. Foto: Verskaf
Hettie (79), Lizette se ma. Foto: Facebook/Christa Deacon

Oudkol. Gawie Louwrens van Bosveld Misdaadondersoeke en speurders van die polisie het ’n 35-jarige Zimbabwiër Sondag omstreeks 03:00 in ’n huis in Mookgophong in hegtenis geneem.

Die tweede beskuldigde, ’n 30-jarige man, is omstreeks 08:00 in Polokwane in hegtenis geneem.

Nkakareng Rakgoale, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, sal die hofverskyning bywoon. Sy was Maandagmiddag deel van ’n afvaardiging van die plaaslike regering wat met die Deacon-familie gaan simpatiseer het.

Christa Deacon, Lizette se skoonsuster, het gesê die familie haat nie die vermeende moordenaars nie.

’n Roudiens word om 11:00 uit die NG kerk Pietersburg-Noord in Polokwane vir Lizette en Hettie gehou.

Meer oor:  Polisie  |  Ontvoering  |  Polokwane-Moorde  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.