Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Poppie se huilende pa lees verklaring
Christo van der Merwe, Poppie se pa. Foto: Thapelo Maphakela

Die een goeie ding wat uit Poppie van der Merwe (3) se dood gekom het, is dat haar 5-jarige boetie nou veilig is.

So het Christo van der Merwe, Poppie se biologiese pa, Vrydag buite die landdroshof in Brits gesê waar Kobus Koekemoer (43), Poppie se stiefpa, weens haar dood verskyn het.

Poppie is op 25 Oktober dood nadat sy op ’n plaas buite Brits na bewering herhaaldelik deur Koekemoer geskop is.

Van der Merwe het ’n verklaring buite die hof voorgelees: “My hartseer oor die verlies van Poppie se dood is onbeskryflik. Ek het nie woorde vir hoe ek voel nie. Niemand sal my seer ooit verstaan nie. Die regstelsel het Poppie in die steek gelaat. Die SAPD (Suid-Afrikaanse Polisiediens) het in die verlede net na Louisa (Poppie se ma) se bewerings geluister en my as pa nooit kans gegee om my saak te stel nie.”

Koekemoer het Vrydag weer vlugtig in dié hof verskyn. Dié keer het hy ’n swart pak en das gedra.

Hy het Donderdag dieselfde klere aangehad as waarmee hy met sy eerste verskyning vroeg in November in die beskuldigdebank gestaan het.

Niemand sal my seer ooit verstaan nie. Die regstelsel het Poppie in die steek gelaat

Koekemoer se regsverteenwoordiger het in ’n stampvol hofsaal uitstel gevra tot 28 November wanneer die beskuldigde formeel om borgtog sal aansoek doen.

Die versoek is toegestaan.

Van der Merwe het in die hofsaal tussen ’n groep vroue gesit wat in pienk klere teen Koekemoer betoog het. Van der Merwe self het ook ’n pienk T-hemp gedra met Poppie se gesig agterop.

Christo van der Merwe, Poppie se pa, word buite die hof ondersteun. Foto: Thapelo Maphakela
Christo van der Merwe Foto: Thapelo Maphakela
Meer oor:  Poppie Van Der Merwe  |  Brits  |  Kind  |  Doodskop  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.