Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pou se kop afgespit: Man rig vertoë oor saak teen hom

Die man van Port Elizabeth wat ’n pou met ’n graaf toegetakel het voordat hy sy kop afgespit het, gaan vertoë by die hof indien oor waarom die saak teen hom teruggetrek moet word.

’n Video van dié voorval by ’n woonkompleks in die stad het hewige reaksie op sosiale media ontlok en daartoe gelei dat ’n saak van dieremishandeling teen Philip Oosthuizen (63) aanhangig gemaak is.

Alwyn Griebenow, Oosthuizen se regsverteenwoordiger, het Vrydag in die landdroshof in Port Elizabeth gesê hy het die dossier van die saak die oggend ontvang en sal vertoë aan die senior aanklaer rig oor die aanklagte teen sy kliënt.

Volgens Griebenow is die besluit om sy kliënt te vervolg deur die kantoor van die senior aanklaer geneem en daarom sal hy die vertoë by dié kantoor inhandig.

Philip Oosthuizen Vrydagoggend buite die landdroshof in Port Elizabeth. Foto: Lulama Zenzile

Die saak is tot 19 Maart uitgestel vir ’n moontlike antwoord op die vertoë.

Die polisie se ondersoek teen Oosthuizen het begin toe Arnold Slabbert van Wildline, ’n stedelike kleinwildbewaringsgroep, die klag ingedien het kort nadat hy die video gesien het.

Die video is in Oktober geneem deur ’n man wat verkies om nie geïdentifiseer te word nie. Hy was ten tyde van die voorval op die toneel saam met ’n trustlid van die betrokke woonkompleks waar hulle die grensheining vir herstelwerk ondersoek het.

Oosthuizen het vroeër by navraag gesê hy het die beseerde voël in sy tuin aangetref en besef die voël gaan nie oorleef nie. Om verdere lyding te voorkom het hy ’n tuingraaf, die “enigste geskikte metode” wat hy byderhand gehad het, gebruik om die voël se lyding vinnig te beëindig.

Meer oor:  Dieremishandeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.