Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Present het glo gekaapte motor in transitoroof bestuur

Die voormalige ANC-werknemer Errol Velile Present, wat tans in die landdroshof in Roodepoort verskyn in verband met drie transitorooftogte, het na bewering ’n gekaapte voertuig bestuur wat in een van die misdade gebruik is.

Present, wat in Luthuli-huis in Johannesburg gewerk het, is in Julie saam met medebeskuldigdes Itumeleng Manama, Bheki Biyela and Zakhele Zondi in hegtenis geneem.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ’n geraamde R200 000 tydens ’n transitoroof by ’n Capitec-bank in Dobsonville, Soweto, gebuit het.

Errol Velile PresentFoto: City Press

Die viertal staan tereg op aanklagte van gewapende roof, die besit van ’n gekaapte voertuig en poging tot moord.

Kol. Solomon Mabasa, die ondersoekbeampte, het Dinsdag met Present se borgtogaansoek onder kruisverhoor getuig dat Present een van die voertuie bestuur het en Zondi die ander.

Die borgtogaansoek is tot Donderdag uitgestel.

Present het na bewering ook veilige parkering vir die Volvo en Ford Ranger, wat in die rooftog gebruik is, gereël.

“Daar was ’n tweede voertuig, ’n silwergrys Volvo, wat deur beskuldigde nommer vier, Velile Present, bestuur is,” het Mabasa aan die hof gesê.

“Hy was vergesel deur beskuldigde nommer twee, Itumeleng Manama, en beskuldigde nommer drie, Bheki Biyela.”

Volgens Mabasa se getuienis het Present en Zondi ’n dag voor die transitoroof ’n staatsgetuie genader om parkering by sy huis te reël. Die huis het ’n groot staalhek wat die voertuie versteek het.

“Die voertuie is op die erf in Thobejanestraat 8753, uitbreiding 3 in Dobsonville, Soweto, versteek,” het Mabasa gesê.

“Toe die polisie daar aankom het, het die eienaar verduidelik dat dit sy buurman is wat gevra het om die voertuie op sy erf te parkeer.”

Volgens Mabasa is die buurman as Kenny Diratsagae geïdentifiseer. Diratsagae is Present se oom.

Hy het aan die polisie gesê Present het hom op 4 Julie met die versoek genader.

Present het nie enige vorige veroordelings nie, maar daar is ’n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik nadat hy versuim het om op ’n klag van roekelose bestuur voor die landdroshof in Orlando te verskyn. Sy medebeskuldigdes het almal vorige veroordelings.

“Hierdie is ’n ernstige misdaad met ’n swaar vonnis en wat van nasionale belang is. Geen van die vier beskuldigdes behoort dus borgtog toegestaan te word nie,” het Mabasa gesê.

Meer oor:  Errol Velile Present  |  Luthuli-Huis  |  Roodepoort  |  Hof  |  Transitorooftog  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.