Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Presidensie moet betaal vir regskoste - hof

Die presidensie is beveel om regskostes te betaal ná die besluit om die aansoek om verlof tot appèl terug te trek in ’n hooggeregshofuitspraak wat verband hou met die openbare beskermer (OB) se verslag oor staatskaping.

Die presidensie was Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria om formeel pres. Cyril Ramaphosa se besluit aan te dui om dié appèlaansoek terug te trek wat deur sy voorganger, oudpres. Jacob Zuma, ingedien is.

Zuma het oorspronklik aansoek gedoen om appèl toe hy nog president was, nadat die hof sy aansoek ter syde gestel het om Thuli Madonsela, die voormalige OB, se verslag oor staatskaping te hersien.

Die hof het ook Zuma beveel om die sowat R10 miljoen in regskostes in sy persoonlike kapasiteit te betaal.

Isaac Chowe, ’n staatsprokureur vir die presidensie, het Woensdag gevra dat die kostes tot en met 6 April, toe Ramaphosa dié besluit aangekondig, opgetel word.

Hy het ook gesê dat Ramaphosa se terugtrekking nie Zuma sal verhoed om die uitspraak in sy persoonlike kapasiteit teen te staan nie.

 Regter Dunstan Mlambo het beveel dat die presidensie die regskostes tot op hede betaal. - News24

Meer oor:  Staatskaping  |  Regskoste  |  Openbare Beskermer  |  Presidensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.