Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Prof’ van Bloem dop toets, aansoek van hand gewys
Die bewys van ere-professorskap wat in die hof gedraai het. Foto: Skermgreep

Die titel professor van die hoof van Motheo-kollege in Bloemfontein kom van ’n kamma-instelling wat uit ’n huis in Brittanje bedryf word, het adv. Ben Winks virtueel in ’n verhoor van die hooggeregshof betoog.

Dit is ’n winkel wat deur ’n pa en seun van Oekraïene bedryf word. Hulle is nie akademici nie en het ook nie ’n kampus nie.

Regter Celéste Reinders het Vrydagmiddag ’n dringende aansoek van Dipiloane Phutsisi om die Sunday Times te verbied om Sondag oor die netelige kwessie te berig, met koste van die hand gewys.

Reinders het beslis dat Phutsisi nie daarin kon slaag om te bewys die Sunday Times se beoogde berig sal Phutsisi se hangende lasteraksie teen ’n senior kollega oor onder meer die gebruik van die titel skaad nie.

Winks, wat namens die Sondagkoerant opgetree het, wou weet wat die waarde is van die diploma wat in Desember deur The Academic Union Oxford in Engeland aan Phutsisi toegeken is.

Hy het die diploma beskryf as ’n “stukkie papier” waarmee Phutsisi uit ydelheid wanvoorstellings gemaak het dat sy die hoogtepunt van akademiese prestasie bereik het.

Dit is ’n kamma-instelling wat grade vir geld verkoop. Maar sy sê nie vir ons hoe sy haar graad gekry het nie. En die leuens bou op en op.

Phutsisi het die indruk geskep dat sy ’n akademiese professorskap verwerf het, “want sy sê nie ek is ’n ere-professor nie”.

Boonop gee sy nog voor dat dit ’n professorskap in onderwys is, terwyl die diploma niks van onderwys meld nie.

Phutsisi is ’n openbare figuur en die gewone publiek het nie geweet dit is ’n “ere-professoraat” wat deur die instelling aan haar toegeken is nie.

“Dit is ’n kamma-instelling wat grade vir geld verkoop. Maar sy sê nie vir ons hoe sy haar graad gekry het nie. En die leuens bou op en op.”

Winks het gesê sy het ’n dringende interdik aangevra omdat sy nie die vrae van die Sunday Times wou beantwoord nie. Dit sou haar reputasie skaad.

Dipiloane Phutsisi Foto: Facebook

Die publiek is daarop geregtig om die waarheid te weet.

Lebohang Mokhele, namens Phutsisi, het gesê Phutsisi het ’n keuse om te sê dit is ’n ere-professorskap in onderwys, want sy is in die onderwys.

Volgens Mokhele het Phutsisi nooit wanvoorstellings gemaak nie en het gesê dit is ’n ere-professorskap. Dit is nie ’n akademiese kwalifikasie nie.

Mokhele het volgehou as die Sunday Times die berig skryf, sal dit die lasteraksie skaad en dat die belang van Phutsisi in dié geval swaarder weeg as dié van openbare belang.

Op ’n vraag van Winks oor die koste van die aansoek, het hy gesê dat Phutsisi betaal self haar regskoste en nie die kollege nie.

Winks het in opdrag van Willem de Klerk-prokureurs vir die Sunday Times opgetree.


Meer oor:  Professor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.