Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Profeet’ Bushiri bedank almal wat hom steun
Die omstrede past. Shepherd Bushiri. Foto: Facebook

Shepherd Bushiri (35), die beleërde pastoor en selfverklaarde profeet, het Woensdag in ’n video-uitsending aan sy aanhangers gesê hy is die afgelope vyf weke aan “hewige voorafbeplande aanvalle” onderwerp.

Dit sluit in betogings, eise dat hy die land moet verlaat en “my vrou wat tot op die rand van die dood vergiftig is”. Bushiri, die leier van die Enlightened Christian Gathering (ECG), het nie gesê wanneer dié voorval was nie.

Ephraim Nyondo, sy woordvoerder, het Donderdag aan News24 gesê hy het nie inligting oor die beweerde vergiftiging van Bushiri se vrou, Mary (37), nie.

Die egpaar is Woensdag borgtog van R100 000 elk in die

handelshof in Pretoria toegestaan.

Die Valke het Bushiri en Mary verlede Vrydag op aanklagte van bedrog, geldwassery en die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad in hegtenis geneem. Hulle was sedertdien in aanhouding.

Die saak hou verband met die beweerde oortreding van wisselkoersregulasies in 2015, wat vermoedelik verband hou met sowat R15 miljoen se buitelandse valuta.

“Ons het julle gemis en ons weet julle het ons ook gemis,” het Bushiri in die video gesê. Dit is op Prophetic Channel en verskeie sosialemedia-platforms uitgesaai.

Hy het sy boodskap van sy selfoon af gelees, met ’n oopgeslane Bybel voor hom op die lessenaar.

Die “profeet” het mense bedank wat hom “ondersteun” het, insluitend die Suid-Afrikaanse presidensie en die president en hoë kommissaris van Malawi, wat glo gereeld navraag oor hul welstand gedoen het.

Past. Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary. Foto: Facebook

Hy het ook gesê talle politieke partye het hulle bygestaan.

Dr. Kgosi Maepa, voorsitter van die ANC in Tshwane, en Andile Mngxitama, leier van Black First Land First, het hulle ook ondersteun.

Hy het ook in sy toespraak die media bedank en spesifiek na die SAUK, eNCA en News24 verwys “wat mense deurgaans billik en akkuraat ingelig het”.

Hy sluit die uitsending met skriflesing af.

City Press het Sondag berig lede van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid

het ’n aansoek vir ’n bevel ingedien om beslag op die paartjie se bates te lê totdat die saak afgehandel is.

Volgens berigte het twee ingeligte bronne gesê die aansoek is reeds by die hooggeregshof in Pretoria ingedien. Hiermee wil die batebeslagleggingseenheid toestemming verkry om beslag te lê op die egpaar se luukse huise en motors, asook sy Gulfstream-straler wat by die Lanseria-lughawe in Gauteng staan.

News24

Meer oor:  Shepherd Bushiri  |  Valke  |  Bedank  |  Ondersteuning  |  Profeet  |  Klagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.