Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Profeet’ glo tussenganger in 2 huurmoorde

Die profeet wat daarvan aangekla is dat hy as middelman in die huurmoord op ’n opkomende boer van Bloemfontein opgetree het, was glo ook die tussenganger in die opspraakwekkende sluipmoord op ’n soldaat in Oudtshoorn.

Kelebogile Louisa Mokoena versteek Donderdag haar gesig vir die kamera. Foto: Alzane Narrain

Elvis Galeboe (31), ’n “profeet” van die Livingston Revival Ministries, en Kelebogile Louisa Mokoena (51), die vermeende baasbrein, het vlugtig in voetboeie voor landdros Ryan Ishmail op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle saam gekonkel het om Mokoena se man, Ntau Lucas Mokoena (51), ’n opkomende boer en taxibaas, in Julie in sy huis in Fichardtpark te vermoor.

Galeboe word glo met dié moord verbind deur ’n bekentenis wat Mokoena afgelê het oor wie watter rol in haar man se skietdood die aand van 8 Julie in hul huis in Schnehage-singel gespeel het.

Die vermeende huurmoordenaars is nog op vrye voet.

Ishmail het Galeboe se borgtogaansoek tot later die maand uitgestel.

Mokoena het vroeër haar formele aansoek om borgtog laat vaar. Hulle bly in aanhouding.

Tumelo Ramatlakane kla aan. Arthur Koorts van Phatshoane Henney-prokureurs tree vir die twee op.

Galeboe word ook verbind met die vermeende huurmoord op Preston Titus op 2 Desember 2017 in sy weermaghuis in Oudtshoorn.

Elvis Galeboe stap Donderdag af na die hofselle in die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain
Elvis Galeboe draai Donderdag sy gesig weg van die kamera. Foto: Alzane Narrain

Nes die Mokoenas het die Titus-gesin van Oudtshoorn ook in die profeet se kerk gedien.

Hy is onder sy volgelinge bekend as Major Prophet Elvis Exalted, Abba Elvis Exalted of Prophet Galeboe.

Albei egpare het huweliksprobleme gehad en albei vroue het gereeld by Galeboe raad gevra.

Na verneem word het die profeet in albei die gevalle die huurmoordenaars genader en as tussenganger opgetree.

Galeboe gaan later die jaar in die Titus-saak in Oudtshoorn getuig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.