Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Profeet knoop glo verhoudings aan voor sluipmoorde

’n Profeet het glo verhoudings met gesiene sakemanne se vrouens aangeknoop en het daarna as middelman in dié mans se moorde opgetree, het die landdroshof in Bloemfontein gehoor.

Kelebogile Louisa Mokoena Donderdag in die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Johan de Vries, namens die staat, het dié stelling Donderdag in die landdroshof in Bloemfontein aan een van Ntau Lucas Mokoena (51), ’n boer en taxibaas, se vermeende moordenaars gemaak.

Elvis Galeboe (31), ’n “profeet” van die Livingston Revi-val Ministries, het in sy formele aansoek om borgtog voor landdros Ryan Ishmail kleigetrap in sy verduidelikings oor hoekom hy die middelman in drie beweerde huurmoorde was.

Galeboe het gesê dit is net gerugte dat hy en sy medebeskuldigde, Kelebogile Louisa Mokoena (51), ’n verpleegster in Bloemfontein, in ’n liefdesverhouding was.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle saam gekonkel het om Mokoena se man, Ntau Lucas Mokoena (51), ’n opkomende boer en taxibaas, in Julie in sy huis in Fichardtpark te vermoor.

“Sy is net ’n gemeentelid in my kerk.” De Vries wou by hom weet hoekom hy Kelebogile in aanhouding besoek het net nadat sy in hegtenis geneem is.

“Jy is ’n middelman in twee ander soortgelyke huurmoorde. In die een saak het jy ’n kind by een van die vroue wie se man jy laat vermoor het. In die ander saak is ’n staatsgetuie wat teen jou sou getuig, doodgemaak.”

Galeboe het geantwoord: “Jy mislei die hof. Jy weet nie wat die feite van die sake is nie. As jy my tyd gee, sal ek vir jou ’n beter storie vertel.”

Elvis Galeboe, ’n “profeet” van die Livingston Revival Ministries, koes Donderdag vir die kamera in die landdroshof in Bloemfontein.Foto: Alzane Narrain

Hy sê hy moes in een van die sluipmoorde, wat in Desember 2017 gepleeg is, as James Bond vir die polisie optree.

Sy bekentenis dat hy as tussenganger in dié moord opgetree het, is vervals, asook dat hy die huurmoordenaars vir die polisie uitgewys het, sê hy.

Galeboe het ook ontken dat hy in sy bekentenis erken het dat hy die huurmoordenaars R5 000 betaal het.

Luidens Kelebogile se verklaring in haar aansoek om borgtog gaan sy skuld ontken, hoewel sy ná die moord op haar man ’n bekentenis afgelê het.

“Ek het die erkennings gemaak nadat die polisie my geïntimideer het.”

Landdros Ishmail het die borgtogaansoeke tot volgende week uitgestel. Albei bly in aanhouding.

Nico Naudé tree vir Kelebogile en Hilda Odora vir Galeboe op.

Meer oor:  Ntau Lucas Mokoena  |  Bloemfontein  |  Profeet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.