Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Prokureur moet oog hou oor Pangarker se verhoor

Die drukgroep Social Justice Coalition (SJC) het ’n Kaapstadse prokureur aangestel om toesig te hou oor die saak waarin Moyhdine Pangarker (55) vir die ontvoering van en moord op Tazne van Wyk (8) teregstaan.

Dié prokureur, Bruce Hendricks, het Woensdag gesê sy mandaat is eintlik baie eenvoudig: “Ek moet seker maak al die bewysstukke en getuies kom voor die hof en dat die polisie niks miskyk wat hulle moontlik kan help om ’n suksesvolle vervolging te kry nie.”

Hendricks sê hy sal ook die polisie help sou hulle dit benodig, om al die inligting oor enige hangende en vorige sake van Pangarker op rekord te kry.

“As hulle sukkel om beëdigde verklarings by getuies te kry, is ons daar om hulle ook daarmee te help, om byvoorbeeld die beëdigde verklarings by getuies af te neem en te verseker dat dit in die dossier kom.”

Bruce Hendricks, wat deur ’n drukgroep aangestel is om ’n wakende oog oor die verhoor van Moyhdine Pangarker te hou. Foto: Facebook

Hendricks het gesê hulle sal ook help met verslae oor die slagoffer-impak as die staat dit benodig.

“Die hoofdoel is om te verseker dat die vermeende moordenaar voor die hof gedaag word en dat die saak teen hom waterdig is,” het Hendricks gesê.

Intussen het Albert Fritz, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, gesê dat hy soos die res van die inwoners van die provinsie kwaad is oor die feit dat klein Tazne se vermeende moordenaar op parool vry was toe hy haar na bewering ontvoer en vermoor het.

“Dit is ’n man met baie vorige veroordelings.”

Fritz het gesê die regstelsel is veronderstel om misdadigers agter tralies te hou, maar as dit waar is dat iemand wat al voorheen gevonnis is en al 11 keer uit die tronk vrygelaat is, parool kon kry, dan het die strafregstelsel die gemeenskap in die steek gelaat.

“Die paroolstelsel sal ondersoek moet word,” het Fritz gesê.

Tazne het op 7 Februarie vanjaar by ’n snoepwinkel oorkant haar huis in Elsiesrivier in Kaapstad weggeraak.

Pangarker is verlede Maandag in Cradock in hegtenis geneem. Hy het die Dinsdag in die landdroshof in Cradock op ’n aanklag van ontvoering verskyn. Hy het die Woensdag aan die polisie gaan uitwys waar Tazne se lyk in ’n stormwaterpyp langs die N1 buite Worcester gelos is.

Pangarker het verlede Vrydag in die landdroshof in Goodwood op aanklagte van ontvoering en moord verskyn. Die saak teen hom is vir verdere ondersoek tot 17 April uitgestel. Nog aanklagte kan bygevoeg word.

Meer oor:  Tazne Van Wyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.