Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Prokureur self in beskuldigdebank

’n Oos-Kaapse prokureur het Donderdag self in die beskuldigdebank gestaan weens aantygings van bedrog.

Die Valke het die prokureur, Zuko Nonxuba (46), Woensdag in Mthatha by ’n plaaslike hotel voorgekeer nadat ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale Valke-woordvoerder, sê in ’n verklaring die Valke het twee voorvalle ondersoek waar Nonxuba glo vals eise van altesaam R30 miljoen ingedien het.

Na bewering het Nonxuba in 2016 ’n eis van bykans R13 miljoen teen die departement van gesondheid ingedien. Hy het dit namens ’n vrou, wat hy beweer het sy ma is, ingedien. Hy het verder blykbaar aangevoer dat die vrou se kind tydens geboorte ernstige beserings opgedoen het weens die verpleegsters se nalatigheid.

Nonxuba het na bewering in 2013 ’n soortgelyke eis teen die departement ingedien.

Hy het Donderdag in die landdroshof in Mthatha voorgekom waar R80 000 se borgtog aan hom toegestaan is.

Mulaudzi sê ’n verdere ondersoek volg nou om vas te stel of die beskuldigde moontlik by soortgelyke voorvalle oor die land heen betrokke is.

Die saak is tot 25 Maart uitgestel.

Meer oor:  Arrestasie  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.