Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Prokureur skuldig bevind nadat hy van kliënte steel

’n Prokureur van Worcester is summier van die prokureursrol geskrap nadat dit aan die lig gekom het dat hy sowat R1 miljoen van sy kliënte gesteel het.

Wharren Jacobus Fortuin (40) het sy eie praktyk, Van Dyk, Potgieter, Fortuin, in Worcester bedryf.

Luidens die Nasionale Kredietreguleerder se webtuiste was hy ook hier geregistreer en het hy sy dienste aangebied aan mense wat hulp met hul skuld benodig het. Sy dienste is op 31 Maart 2016 beëindig.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê Fortuin het tussen 2012 en 2014 sowat R1 miljoen van sy kliënte gesteel en dit vir eie gewin gebruik.

Die Valke se eenheid vir ernstige misdade het klagte ontvang oor die misdrywe en het ondersoek ingestel.

’n Lasbrief is aan Fortuin uitgereik om op 24 Januarie 2019 in die handelshof in Bellville op 15 aanklagte van diefstal te verskyn. Hierna het die Regsgenootskap hom van die rol van prokureurs geskrap. Hy mag nooit weer as prokureur werk nie.

Die staat het aangevoer hy het kliënte in siviele sake verteenwoordig waar daar uitbetalings was en die geld in sy rekening betaal is, terwyl dit na sy kliënte moes gaan.

Hani sê Fortuin is op 8 Junie vanjaar skuldig bevind op al die aanklagte teen hom.

Die hof het die saak tot 23 Julie uitgestel vir vonnisoplegging.

Meer oor:  Skuldig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.