Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Prokureur ‘slaap in bakkie wat vrou middeldeur ry’

Terwyl ’n vrou middeldeur gery is deur ’n dubbelkajuitbakkie op die N1-hoofweg by Bloemfontein, het ’n jong prokureur van die stad glo onbewus van wat gebeur het op die agtersitplek van die bakkie geslaap.

Cobus BredenkampFoto: Alzane Narrain

Shaun Gilliland het Vrydag in die landdroshof in Bloemfontein getuig hy het eers later gehoor wat gebeur het.

Hy het voor landdros Richard Lawrence getuig die eerste keer dat hy agtergekom het iets is fout, was toe die polisie hom die aand van 22 April 2017 saam met Cobus Bredenkamp by Bredenkamp se huis in hegtenis geneem het.

Bredenkamp, ’n prokureur van Bloemfontein, ontken skuld op aanklag van strafbare manslag ná aXoliswa (Gladys) Sandlhana (35), ’n voetganger op die N1, se dood.

Hy het ook skuld ontken op aanklag dat hy van ’n ongelukstoneel af weggery het sonder om hulp aan die slagoffer te verleen.

Gilliland, destyds ’n klerk in Bredenkamp se praktyk, het getuig hy het die vorige aand in Bredenkamp se huis oorgeslaap nadat hulle en vriende ’n vleisbraai gehou het.

Die volgende oggend is hulle met Bredenkamp se dubbelkajuitbakkie na ’n vriend se huis waar nog vriende van hulle was. “Almal het gedrink.”

Later die oggend is hulle na die Windmill-casino in die stad.

Hy het in ’n eetplek daar geëet en ’n “paar drankies” gedrink. Daarna het hy die bakkie se sleutels by Bredenkamp in die casino gaan haal en op die agtersitplek geslaap.

Hy het die sleutels later vir Bredenkamp deur ’n venster aangegee en verder geslaap.

“Die volgende wat ek kan onthou, is toe die polisie by sy huis opdaag en ons in hegtenis neem.”

Ná ’n nag in die polisieselle het hy die volgende dag eers agtergekom wat gebeur het toe die polisie hom oor die klagte inlig.

Die volgende wat ek kan onthou, is toe die polisie by sy huis opdaag en ons in hegtenis neem.

Bredenkamp het hom nooit vertel wat gebeur het nie.

Hy en Bredenkamp was destyds “beste vriende”. Die vriendskap bestaan nie meer nie.

Toe hy die Dinsdag ná die botsing vir werk opdaag, het Bredenkamp se ma vir hom gesê hy is nie welkom daar nie en moet loop. Hy het toe bedank.

* Vroeër is getuig hoe van Sandlhana se liggaamsdele “oral deur die lug gevlieg het” nadat die bakkie haar getref het. Sy was ’n werknemer van die Wimpy langs die N1 en het oor dié pad gestap toe sy getref is.

Adv. Allan Simpson kla aan. Adv. Willem Edeling tree in opdrag van Pieter Peyper van Peyper Austen-prokureurs vir Bredenkamp op. Die verhoor word later vandeesmaand voortgesit.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Prokureur  |  Strafbare Manslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.