Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Prokureur, sy pa en nog 10 in hof oor vee

’n Pretoriase prokureur, sy pa en nog tien medepligtiges wat in hegtenis geneem is vir die besit van vermoedelik gesteelde vee, het Donderdag in die hof verskyn.

Drie vragte beeste is byna op ’n plaas in Breyten gesteel. Foto: Verskaf

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê hulle het inligting ontvang van ’n onwettige transaksie om beeste op ’n plaas in Breyten te steel.

Die beeste behoort aan ’n boer wat onlangs dood is en wie se boedel nog afgehandel moet word.

“Die Middelburgse veediefstaleenheid het ’n teen-operasie in ooreenstemming met die landelike veiligheidstrategie van die polisie rakende die beveiliging van landelike en plaasgemeenskappe beplan,” sê Hlathi.

Volgens Hlathi is dit nie die eerste keer dat die gemeenskap so ’n groot verlies weens veediewe ly nie.

Die polisie het Dinsdag toegeslaan terwyl die verdagtes nog besig was om ’n derde vragmotor vol beeste te laai.

Van die verdagtes het van die toneel gevlug. Die prokureur en sy pa is agtergelaat. Die verdagtes het twee ander mans en ’n vrou wat na die beeste gekyk het, aangeval.

Die polisie het beslag gelê op drie vragmotors, die prokureur se bakkie en R95 000 kontant.

Die mans het op aanklagte van veediefstal en die besit van gesteelde goedere in die hof in Ermelo verskyn.

Brig. Hlathi sê 334 beeste, met ’n geraamde waarde van R3,1 miljoen, is later teruggekry.

Die saak teen vyf van die verdagtes, wat die prokureur en sy pa insluit, is tot 17 Mei vir aansoek om borgtog uitgestel, terwyl die saak teen die sewe ander laat vaar is.

Meer oor:  Middelburg  |  Veediefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.