Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Prokureur’ wil wéér aansoek om borgtog bring
Brenda WardleFoto: Argief

Brenda Wardle (56) wat haar glo as ’n praktiserende prokureur voorgedoen het en tydens die Oscar Pistorius-verhoor in Pretoria kommentaar vir die BBC en die SAUK gelewer het oor die verhoor, het Maandag weer in die handelshof in Port Elizabeth verskyn.

Wardle, wat in aanhouding is hangende haar verhoor, wil glo gegrond op nuwe feite opnuut aansoek doen om op borgtog vrygelaat te word.

Sy is reeds twee keer borgtog geweier. Sy het haar tot die appèlhof gewend om dit te laat hersien, en wag nog vir die uitspraak.

Wardle staan tereg op aanklagte van bedrog en die oortreding van die Prokureurswet nadat sy haar glo voorgedoen het as ’n praktiserende prokureur wat spesialiseer in die vroeë vrylating van gevangenes op parool en die omskakeling van tronkstraf in korrektiewe toesig.

Sy het Maandag aandagtig geluister na landdros Lionel Lindoor. Hy het, toe die hofsaak begin, voorgestel dat sy eers wag vir die uitspraak van die appèlhof voordat sy opnuut ’n aansoek om borgtog bring.

“Wat as die aansoek in die appèlhof suksesvol is? Indien die aansoek nie slaag nie, kan u ’n nuwe borgtogaansoek bring gegrond op die nuwe feite,” het Lindoor gesê.

Lindoor het dit duidelik gemaak die keuse is Wardle s’n en dat hy haar nie kan dwing om sy voorstel te volg nie.

Wardle het ingestem om te wag voordat sy weer ’n aansoek om borgtog voor die hof bring.

Die saak is tot 17 April uitgestel.

Meer oor:  Brenda Wardle  |  Port Elizabeth  |  Handelshof  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.