Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pta-hawelose weer in hof vir poging tot moord

’n Man wat daarvan aangekla word dat hy ’n hawelose man in Mei in Sunnyside, Pretoria, gesteek en gewond het, sal Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Manusi Mothupi, wat einde Junie in hegtenis geneem is en eers Julie vir die eerste keer in die hof verskyn het, word van poging tot moord beskuldig.

Manusi Moshukudu Mothupi tydens sy vorige verskyning in die landdroshof in Pretoria. Foto: Christiaan du Plessis

Die staat het tydens een van sy hofverskynings vir uitstel gevra sodat hy eers medies ondersoek kon word.

Mothupi, wat steeds in aanhouding is, is oorspronklik in verband met die poging tot moord op ’n ander hawelose man in Februarie in Muckleneuk in hegtenis geneem.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het gesê hulle gaan Mothupi nie in daardie saak vervolg nie omdat daar nie genoeg bewyse teen hom is nie. Die polisie ondersoek die saak verder.

Die polisie en die NVG het intussen gesê Mothupi word nie met die moorde van die vyf hawelose mans in Muckleneuk in Junie verbind nie.

Vyf hawelose mans is in die Muckleneuk-area in Junie vermoor, maar die polisie het nog niemand in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

Die polisie wou nie bevestig dat die moordenaar ’n reeksmoordenaar is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.