Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Putfontein-moorde: Johanco is toe beroemd, sê hartseer ma
Malosi Gift Shima (links) en Ishmael Hlabati tydens ’n vorige verskyning in die hof. Foto: Isabel Venter

Hy wou nog altyd beroemdheid verwerf het vir sy passie om by die viswaters te sit en lyn nat te maak.

Dit was Woensdagoggend die woorde van Marika Fleischman buite die landdroshof in Benoni nadat twee verdagtes, wat met haar seun se moord verbind word, in dié hof verskyn het.

Johanco Fleischman (19) en Jessica Kuhn (23) is op 26 Mei 2019 vermoor nadat hul Toyota-dubbelkajuitbakkie sonder brandstof op die N12 by Putfontein aan die Oos-Rand gaan staan het. Onwettige myners het hulle vermoedelik aangesien vir goudsmouse en op hulle geskiet.

Johanco Fleischman (19) en Jessica Kuhn (23). Foto: Facebook

“Johanco was baie lief vir visvang. Hy het altyd gesê hy gaan nog eendag beroemd word. Ek het altyd gedink hy verwys na beroemdheid vir visvang, omdat hy so versot was op visvangprogramme en -tydskrifte. Vandag is hy beroemd. Nie vir visvang nie, maar omdat hy vermoor is,” het ’n bewoë Marika Woensdag aan Netwerk24 gesê.

Om haar nek hang daar steeds ’n patroon met die woord “Bullet”daarop gegrafeer, maar die versameling “bullets” word meer.

“Dit was sy bynaam en ironies genoeg is dit wat hom vermoor het,” sê Marika, terwyl sy na ’n patroon op haar bos sleutels wys.

Sy sê die onsekerheid oor hoeveel keer Johanco geskiet is, maak haar rasend. “Dit is hoekom ek al hierdie bullets versamel. Daar is nou nog een op pad,” vertel sy.

Vandag is hy beroemd. Nie vir visvang nie, maar omdat hy vermoor is.

Malosi Gift Shima (23) en Ishmael Hlabati (34) het Woensdag vlugtig in die hof verskyn vir die moorde. Die saak is uitgestel tot 17 Maart omdat ’n sleutelgetuie nie Woensdagoggend in die hof was nie.

Shima en Hlabati bly in aanhouding nadat die hof in September verlede jaar borgtog geweier het omdat hulle as vlugrisiko’s beskou word.

“Die saak sloer. Ek wens dit wil nou einde se kant toe begin staan sodat geregtigheid kan geskied. Dit is nie maklik om die beskuldigdes elke keer te moet sien as ons hof toe kom nie. Dit damage ’n mens nog so ’n bietjie meer vir so paar dae ná die hofverrigtinge,” vertel Marika.

Sy sê die Fleischman- en Kuhn-gesin sukkel nog om die afsterwe van Johanco en Jessica te verwerk.

“Die hartseer wat ’n mens ervaar wanneer jou kind doodgaan, gaan nooit weg nie, maar dit is die Here wat my staande hou,” sê Marika.

Marika Fleischman kort ná Woensdag se hofverrigtinge. Foto: Dennis Delport
Bulletwas Johanco Fleischman se bynaam. Johanco en sy meisie, Jessica Kuhn, is in 2019 vermoor. Foto: Dennis Delport
Marika Fleischman se versameling patrone ter nagedagtenis aan haar vermoorde seun. Foto: Dennis Delport

Meer oor:  Jessica Kuhn  |  Johanco Fleischman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.