Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
R2,5 m. om dié toring af te breek

Dit het inwoners van die luukse Alphen-landgoed in Constantia in die Kaap sewe jaar en meer as R2,5 miljoen se regskoste gekos om die reg te kry om ’n 5 m hoë selfoontoring, vermom as ’n skoorsteen, te laat afbreek. Die toring, wat op die Alphen-hotel se Mill Range-gebou opgerig is, is volgens die inwoners ’n visuele steurnis.

Die bakleiery het in 2012 begin toe MTN sy selfoontoring gemoderniseer het. Die deeltiteleienaars op die landgoed, wat aanvanklik goedkeuring vir ’n toring gegee het, het dit toe teruggetrek.

Die selfoontoring wat afgebreek moet word. Foto: Edrea du Toit

Hul klagte was volgens hul prokureur, Vincent Murphy, dat die toring “meer uitgebrei en visueel steurend” was as waarop hulle ooreengekom het. Altesaam 19 ontevrede inwoners het in 2015 vir MTN en die Alphen-landgoed hooggeregshof toe geneem. Hulle het die saak gewen en MTN het opdrag gekry om die toring te verwyder. Maar toe vat MTN die saak appèlhof toe, waar die uitspraak tersyde gestel is. Die inwoners was nie tevrede nie, en die saak is konstitusionele hof toe.

Dié hof het verlede week in die inwoners se guns beslis.

Van kernbelang vir die hof was die vraag of die indivi­duele eienaar enige regstatus gehad het op die landgoed, omdat die landgoed eers aan Alphen behoort het voordat daar deeltitels gesoneer is. Die landgoed bestaan dus nou uit twee dele: die historiese deel waarop die Alphen-hotel staan, en die residensiële gebied waar die inwoners woon.

Die konstitusionele hof het beslis die inwoners as eienaars van eenhede in die landgoed is geregtig om kapsie te maak teen die toring, en dat die verantwoordelikheid van hofsake teen die landgoed dus nie net by die inwonersvereniging lê nie.

Murphy sê hoewel sy kliënte bly is dat die toring afgebreek gaan word, en dat die landgoed en MTN beveel is om hul regskoste te betaal, hy nie graag weer deur so ’n regsproses wil gaan nie. MTN sê hy sal gehoor gee aan die beslissing en sal dit afbreek.

Meer oor:  Mtn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.