Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Raadslid tronk toe ná hy eks se vryer se hand afkap
Mmereki Zacharia Motladile Woensdag in die beskuldigdebank van die streekhof in Bloemfontein. Agter staan Sylvester Kythole, wie se hand hy by die pols afgekap het, in sy EFF-oorpak. Foto: Alzanae Narrain

’n ANC-wykraadslid wat ’n EFF-lid se hand by sy pols morsaf gekap het, is in die streekhof in Bloemfontein effektief vir sewe jaar tronk toe gestuur.

Mmereki Zacharia Motladile (54), van die JB Mafora-woonbuurt in die stad, is deur streeklanddros Marina Voges skuldig bevind aan poging tot moord nadat hy Sylvester Kythole (34) die aand van 2 Desember 2017 met ’n panga aangeval het en sy hand afgekap het.

Die aanval het gevolg net nadat Kythole by die huis van Motladile se eksvrou, Kedibone Kamele, ingetrek het. Haar huis is sowat 700 meter van Motladile s’n af.

Sylvester Kythole buite die streekhof in Bloemfontein nadat sy aanvaller tronkstraf opgelê is. Foto: Alzane Narrain

Landdros Voges het in haar vonnisoplegging gesê jaloesie het ’n baie sterk rol in die gewelddadige en bloedige daad gespeel.

“Ons lewe in ’n wêreld waar mense probleme met geweld oplos. En geweld is nie die antwoord nie.”

Sy sê hy het Kythole se lewe onherroeplik verander. Hy dra die letsels vir die res van sy lewe met hom saam.

Kythole het ná vonnisoplegging gesê noudat sy aanvaller tronk toe gestuur is, leef hy nie meer in vrees nie. “Dit is vir my ’n afsluiting.”

Hy het gesê sy vooruitsigte voor die aanval was belowend.

Coca-Cola in die stad wou hom as ’n voltydse werker aanstel, maar ná die aanval kon hulle hom net as ’n tydelike werker aanhou.

Hy het gesê hy was nog altyd hardwerkend.

“Met een hou het Motladile my lewe vir altyd verander. Ek vrees dat mense na my kyk en dink dat ek niks werd is nie.”

Kythole en Kamele is nie meer saam nie.

Meer oor:  Poging Tot Moord  |  Eff  |  Vonnisoplegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.