Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Rameez Patel kry nie borgtog in ma se moordsaak
Ali Salman (22) wat vir Razeen Patel na bewering geskiet het. Foto: VERSKAF

Rameez Patel (31) van Polokwane se appèlaansoek om borgtog te kry in die moordsaak van sy ma, Mahejeen, het misluk.

Patel se regspan het aangevoer hy moet op borgtog vrygelaat word om na sy drie jong seuns om te sien.

Hy staan tereg weens die moord op sy ma, Mahejeen (51), wat op 19 September 2017 in haar huis in die Nirvana-woonbuurt in Polokwane in die kop geskiet is.

Die staat voer aan Patel het ’n huurmoordenaar glo R15 000 betaal om sy ma weens ’n beweerde geldgeskil te vermoor.

Hy het die appèlaansoek gebring nadat hy in Februarie in die landdroshof in Polokwane borgtog geweier is.

’n Groep lede van die ANC-vroueliga het die hofbanke Donderdag volgepak om te wys dat hulle nie wil hê Patel moet op borgtog vrygelaat word nie.

Fatima en Rameez Patel. Foto: VERSKAF

Patel was uit op borgtog van R250 000 toe hy weens die moord op sy ma op 29 September 2017 in hegtenis geneem is.

Hy is in 2015 in die landdroshof in Polokwane die borgtog van R250 000 toegestaan, nadat hy aangekla is weens die moord op sy vrou, Fatima (28).

Fatima is op 10 April in die egpaar se meenthuis in Nirvana vermoor. Sy is met ’n bofbalkolf teen die kop geslaan en toe so hard gewurg dat haar tongbeen gebreek het. Sy is daarna op ’n kort afstand met ’n 9 mm-pistool in die kop geskiet.

Patel ontken dat hy enigiets met die moord op Fatima óf die moord op sy ma te doen het.

* Intussen is Ali Salman (22), wat bykans twee weke gelede glo Rameez se jonger broer, Razeen (24), buite Polokwane geskiet het, Donderdag in die landdroshof in Mankweng op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Salman en Razeen was ná ’n nag se gefuif van Tzaneen op pad terug na Polokwane toe Razeen langs die R71-pad geskiet is.

Dit is steeds ’n raaisel wat tot die skietery gelei het. Razeen sou die volgende dag teen Rameez getuig het in die moordverhoor van Fatima in die hooggeregshof in Polokwane.

Nadat Razeen uit die hospitaal ontslaan is, het hy by die polisie toestemming gekry om by sy ander broer Rakeeb in Londen te gaan bly.

Salman moet op 7 September weer in die hof verskyn.

Mahejeen Patel (51) en haar man, Feroz (55). Foto: VERSKAF

Meer oor:  Rameez Patel  |  Borgtog  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.