Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
RDK voer gou onderhoude vir regtersposte

Die Regterlike Dienstekommissie (RDK) voer van 12 tot 23 April onderhoude vir die vakante regtersposte in die land.

Die onderhoude sal by The Capital on the Park-hotel in Sandton, Gauteng, gevoer word.

Op Maandag 12 April begin die onderhoude eers omstreeks 13:40, maar op die daaropvolgende dae sal dit om 09:00 hervat.

Streng Covid-19-regulasies sal toegepas word en lede van die media wat die onderhoude wil bywoon, sal akkreditasie moet bekom, anders sal hulle toegang geweier word.

Daar is twee vakante regtersposte by die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Gallo Images/Brenton Geach

Die verrigtinge sal ook op Judiciary RSA se YouTube-kanaal uitgesaai word.

Die RDK het in Februarie die kortlys van name bekend gemaak vir vakante poste van die konstitusionele hof tot by die onderskeie provinsiale hooggeregshowe.

Die lys wat in April 2020 voltooi is, is aangepas met sommige kandidate wat onttrek het en nuwes wat bygevoeg is.

Die onderhoude is weens die pandemie nie in 2020 gevoer nie.

Die lys van benoemings is:

Konstitusionele hof (een pos)

• Adv. Alan Christopher Dodson SC

• Regter Fayeeza Kathree-Setiloane

• Regter Narandran Kollapen

• Regter Aubrey Phago Ledwaba

• Regter Rammaka Steven Mathopo

• Regter Yasmin Shehnaz Meer

• Regter Mahube Betty Molemela

• Regter Dhayanithie Pillay

• Regter David Nat Unterhalter

• Regter Bashier Vally

Appèlhof (vyf poste)

• Regter Zeenat Carelse

• Regter Johannes Willem Eksteen

• Regter Trevor Richard Gorven

• Regter Wendy Hughes

• Regter Petrus Arnoldus Koen

• Regter Aubrey Phago Ledwaba

• Regter Nolwazi Penelope Mabindla-Boqwana

• Regter Keoagile Elias Matojane

• Regter Selewe Peter Mothle

• Regter Owen Lloyd Rogers

• Regter Sharise Weiner

Oos-Kaapse hooggeregshof in Mthatha (een pos)

• Adv. Nceba Dukada SC

Vrystaatse hooggeregshof (adjunk-regterpresident)

• Regter Johannes Petrus Daffue

• Regter Nobulawo Martha Mbhele

• Regter Somaganthie Naidoo

Gauteng (adjunk-regterpresident)

• Regter Roland Terence Sutherland

Gautengse hooggeregshof (ses poste)

• Adv. Allyson Ashley Crutchfield SC

• Dosio Dario

• Adv. Daniël Petrus de Villiers SC

• Regter Nelisa Phiwokazi Mali

• Adv. Petrus Gcinumuzi Malindi SC

• Patrick Hasani Malungana

• Norman Michael Manoim

• Mandla Petrus Nathan Mbongwe

• Anthony Peter Millar

• Adv. Cassim Ismail Moosa

• Vuyo Thembile Mtati

• Mashudu Maryrose Munzhelele

• Adv. Portia Dipuo Phahlane

• Adv. Brad Christopher Wanless SC

KwaZulu-Natalse hooggeregshof (een pos)

• Adv. Bruce Stanley Michael Bedderson

• Burt Silverston Laing

• Adv. Robin George Mossop SC

• Mfuniselwa Elijah Nkosi

• Adv. Carol Sibiya

Arbeidshof (een pos)

• Adv. Jacques Louis Basson

• Vusumuzi Reuben Sinky Ngobe Nkosi

• Adv. Maitu Tsungai Mathe Phahane

• Adv. Francois Johannes van der Merwe

Limpopo-hooggeregshof (adjunk-regterpresident)

• Regter Thifhelimbilu Phanuel Mudau

• Regter Moletje George Phatudi

• Regter Matsaro Violet Semenya

Noordwes-hooggeregshof (twee poste)

• André Henry Peterson

• Adv. Frances Maria Magrietha Snyman SC

Noord-Kaapse hooggeregshof (adjunk-regterpresident)

• Regter Mmathebe Violet Phatshoane

Noord-Kaapse hooggeregshof (twee poste)

• Adv. Lawrence Gerald Lever SC

• Adv. Albert Punch Sibongile Nxumalo

• Janine Adéle Snyders

Wes-Kaapse hooggeregshof (twee poste)

• Matthew Francis

• Adv. Bryan Cecil Hack

• Selwyn Hockey

• Adv. Penelope Magona-Dano

• Adv. Nobahle Mangcu-Lockwood

• Adv. Frederick Siegfried Gustav Sievers SC

• Daniel Malefu Thulare

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.