Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Reagan-moordsaak: Inwoners drom saam by hof

Honderde inwoners van Tulbagh in die Boland het Dinsdag uit protes voor die landdroshof byeengekom waar Jacobus Petoors (54), Reagan Gertse (8) se vermeende moordenaar, verskyn het.

Petoors het op aanklagte van ontvoering, verkragting en moord verskyn.

Die staat voer aan dat hy Reagan op Saterdag 29 Februarie ontvoer, verkrag en vermoor het.

Petoors is ’n oom van Ricardo Davids, Reagan se pa. Hy het by Davids se ouers gewoon wat naby Reagan en sy ouers in die informele nedersetting in Tulbagh bly.

Reagan Gertse
Reagan Gertse

Petoors is op 4 November verlede jaar uit die Obiqua-gevangenis buite Tulbagh op parool vrygelaat. Hy is in Oktober van die Voorberg-gevangenis buite Porterville na dié gevangenis oorgeplaas.

Hy het tronkstraf vir verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer in die Voorberg-gevangenis uitgedien. Die slagoffer in die voorval was glo ook ’n minderjarige kind.

Verskeie beamptes van die departement van korrektiewe dienste is in die hof ontplooi. Hofordonnanse het ook die blindings van die vertrek oopgemaak om mense wat nie plek in die hof kon kry nie, die geleentheid te gee om na die verhoor te luister.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 2 Junie uitgestel.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, sê dat Petoors se parool opgeskort is en dat hy eers op 23 Julie 2024 vrygelaat sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.