Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: ‘Reeks-moordenaar’ van Wellington in hof
Johan Williams

Die vermeende Wellington-reeksmoordenaar het Vrydag gevra dat ’n ander polisielid aangewys moet word om die reeksmoorde waarvan hy aangekla word te ondersoek. Johan Williams (47) het weer Vrydag in die landdroshof in Wellington op drie aanklagte van moord, twee aanklagte van verkragting en een aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer verskyn.

Die staatsaanklaer het aan die hof gesê hulle wag nog op DNS-uitslae en selfoon-inligting.

Williams wou Vrydag weer nie in die hof verskyn nie, en Sarien Engelbrecht, sy prokureur, moes twee keer na die hofselle gaan om hom te gaan haal.

Die hof het ook gehoor dat hy vir minstens nog drie moorde, in Tulbagh en Vredenburg, ondersoek word. Die saak is tot 1 Maart 2019 uitgestel.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Johan Williams  |  Wellington  |  Reeksmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.