Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Reeksverkragter van Limpopo gevonnis

’n Reeksverkragter wat vir drie jaar ’n skrikbewind in die Groblersdal-omgewing in Limpopo gevoer het, is tot 27 jaar tronkstraf gevonnis.

Papi Kgwale (24) is Maandag in die hooggeregshof in Polokwane skuldig bevind op drie aanklagte van verkragting en is dieselfde dag gevonnis.

Konst. Maphure Manamela, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Kgwale se jongste slagoffer was net 13 jaar oud toe sy in April 2015 verkrag is.

Speursers. Robert Makola van die Groblersdal-polisiekantoor in Limpopo wat ’n reeksverkragter vasgetrek het. Foto: SAPD

Kgwale se eerste slagoffer was ’n 20-jarige student wat in Februarie 2015 deur hom verkrag is. Hy het haar oorval terwyl sy vroegoggend na ’n naskoolse opleidingsentrum geloop het. Hy het die jong vrou met ’n mes gedreig en haar toe verkrag.

Hy het in April 2015 op die 13-jarige meisie toegeslaan toe sy net voor 07:00 op pad skool toe was. Kgwale het haar ook met ’n mes gedreig en haar toe na ’n beboste gebied gesleep en verkrag.

In die mees onlangse voorval in April 2018 het Kgwale omstreeks 05:00 ’n 32-jarige vrou aangeval terwyl sy werk toe gestap het. Hy het dié vrou ook met ’n mes gedreig en haar verkrag.

Kgwale is vir elk van die drie verkragtings tot nege jaar gevangenisstraf gevonnis. Die vonnisse sal agtereenvolgens uitgedien word, dus sal Kgwale ’n vonnis van 27 jaar moet uitdien.

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende polisiehoof in Limpopo, het speursers. Robert Makola van die Groblersdal-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortreding geloof vir sy goeie werk om Kgwale aan te keer.

Scheepers sê hy hoop dié vonnis dien as ’n afskrikmiddel vir misdadigers.

Meer oor:  Papi Kgwale  |  Limpopo  |  Reeksverkragter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.