Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Regse bevelvoerder’ in Wellington in hof

’n Vermeende bevelvoerder van ’n verregse groep, Izak Gerhardus Visagie (50), het Vrydag in die landdroshof in Wellington in die Wes-Kaap verskyn weens die onwettige besit van ammunisie.

Lede van die Valke se eenheid vir misdaad teen die staat (Cats) en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het Visagie Donderdag by sy huis in Wellington in hegtenis geneem. Inligting is ontvang oor ’n beweerde geweldkomplot, lui ’n polisieverklaring.

Tydens ’n klopjag by sy huis Donderdag is daar afgekom op ’n groot hoeveelheid ammunisie in ’n sak.

Visagie is borgtog van R1 000 toegestaan en moet op 9 September weer in die hof verskyn.

Die ondersoek duur intussen voort.

Meer oor:  Valke  |  Wellington  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.