Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Regsman gaan Bob Hewitt nie verder help nie

Bob Hewitt se voormalige regsverteenwoordiger gaan hom nie help met sy aansoek om die oorblywende vier jaar van sy tronkstraf na korrektiewe toesig te laat verander nie.

Inteendeel, adv. Terry Price sê hy wil nooit weer met Hewitt praat nie.

Die twee was onlangs in ’n rusie betrokke omdat Hewitt hom geld skuld vir die hofsake wat spruit uit drie aanklagte van verkragting en onsedelike aanranding.

Price kon Woensdag nie presies sê hoeveel geld Hewitt hom skuld nie, maar hy skat dit op byna R500 000.

Die voormalige tennisster Bob Hewitt .
Adv. Terry Price Foto: Werner Hills

“Ons wil twee van Hewitt se huise laat opveil sodat hy die skuld kan delg, maar dit word die heeltyd teengestaan,” sê Price.

Die Australies gebore Hewitt (78), oudtennisspeler en -afrigter, is in Maart 2015 skuldig bevind aan die verkragting van twee tienermeisies wat in die 1980’s tennislesse by hom geneem het. Hy is ook skuldig bevind aan die onsedelike aanranding van ’n derde meisie en is effektief tot ses jaar tronkstraf gevonnis.

Hy het in September 2016 sy tronkstraf in die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth begin uitdien.

Nou, ’n bietjie meer as twee jaar later, het Hewitt ’n aansoek ingedien dat sy tronkstraf versag word. Die aansoek sal glo binnekort deur die paroolraad aangehoor word.

Hy kom in aanmerking vir parool nadat hy drie jaar van sy vonnis uitgedien het. Hy is egter oud en die paroolraad sal dit in ag neem.

Die Teddy Bear Foundation (TBF), ’n nieregeringsorganisasie wat hom vir kinderregte beywer, het reeds gesê dat hulle Hewitt se aansoek gaan teenstaan.

Die organisasie sê sy regsverteenwoordiger gaan binnekort voor die paroolraad verskyn om te verduidelik waarom Hewitt se aansoek van die hand gewys moet word.

“Ons voel sterk oor die saak omdat Hewitt reeds ’n kort vonnis gekry het. Indien sy vonnis verder versag word, sal dit die boodskap uitstuur dat ons regstelsel toegeeflik is teenoor die beskuldigdes van seksuele oortredings teen kinders,” sê dr. Shaheda Omar, bestuurder van TBF.

Volgens Price is daar ’n groot kans dat Hewitt se aansoek kan slaag. “Hy kom in aanmerking vir parool nadat hy drie jaar van sy vonnis uitgedien het. Hy is egter oud en die paroolraad sal dit in ag neem.”

Hewitt se vrou, Delaille, kon nie Woensdag op haar selfoon bereik word nie.

Meer oor:  Bob Hewitt  |  Terry Price  |  Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.