Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Regsman in hof oor beweerde verkragting van kinders

’n Kaapse prokureur is in hegtenis geneem nadat hy na bewering drie minderjariges verkrag het.

Die man is op 14 Mei in hegtenis geneem en het Dinsdag en Woensdag in die landdroshof in Muizenberg verskyn, waar sy aansoek om borgtog aangehoor is.

Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het vroeër bevestig dat die prokureur in hegtenis geneem is nadat die beweerde verkragtings by die polisie aangemeld is.

Hy staan tereg op aanklagte van die pleeg van seksuele dade met persone van jonger as 18 vir finansiële gewin.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die man se borgtogaansoek het Dinsdag begin en Woensdag voortgeduur omdat die ondersoekbeampte en die beskuldigde moes getuig.

Die beskuldigde het Woensdagmiddag getuig en is tans nog onder kruisverhoor van die staat. Die aansoek is gevolglik tot 1 Junie uitgestel.

Die man se naam mag nie genoem word nie omdat hy nog nie op die aanklagte gepleit het nie.

Meer oor:  Muizenberg  |  Misdaad  |  Kinderverkragter  |  Verkragting  |  Gesinsgeweld  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.