Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Regsman in stryd teen tyd ná brugtragedie

’n Prokureur wat dalk siviele regstappe wil doen namens ouers wie se kinders deur die Hoërskool Driehoek-tragedie in Vanderbijlpark geraak is, is in ’n stryd teen tyd gewikkel.

Die loopbrug, wat twee geboue op die skoolterrein verbind het en op 1 Februarie gedeeltelik ineengestort het, sal vanaf Donderdag gesloop word.

Danie du Plessis, ’n prokureur van die stad wat spesialiseer in eise ná beserings, wil egter toestemming van die departement kry om ondersoek in te stel voordat die brug heeltemal gesloop word.

“Dit is baie belangrik dat ons eie forensiese ingenieurs die brug ondersoek om te bepaal of ’n party nalatig was. Die departement het ook nog nie die bevindinge van hul eie ondersoek bekend gemaak nie,” sê Du Plessis.

Du Plessis sê dit kan dalk wees dat daar ander prokureurs is wat namens ander ouers regstappe wil doen.

Indien daar bevind word dat ’n party nalatig opgetree het, kan skadevergoeding geëis word.

Du Plessis mag nie inligting oor sy kliënte verskaf nie, maar hy sê hy verteenwoordig onder andere een van die ouers wie se kind in die tragedie dood is.

Hy sê ’n ander prokureur van Johannesburg het namens hom by die departement van onderwys in Gauteng toestemming gevra om die loopbrug te ondersoek.

“Sover ek bewus is, het ons nog nie toestemming gekry nie,” sê hy.

Hein Knoetze, die skoolhoof, sê egter daar is ’n “prokureur se ingenieurs” wat wel toestemming gekry het om die skool Donderdag te besoek en ondersoek in te stel.

Du Plessis sê dit kan dalk wees dat daar ander prokureurs is wat namens ander ouers regstappe wil doen.

Op die vraag oor hoekom die departement van onderwys glo nie op Du Plessis se versoek gereageer het nie, het Steve Mabona, woordvoerder van die departement, ’n e-pos gestuur waarin die departement aan ’n onbekende prokureur skryf. Daarin vra die departement die prokureur uitdruklik om bekend te maak wie hy verteenwoordig.

“Neem kennis dat ons bereid is om jou toegang tot die perseel op 27 Februarie te gee op voorwaarde dat jy bekend maak wie jy verteenwoordig. Die departement sal reël dat ’n senior amptenaar van die departement jou vergesel.”

Mabona wou nie sê of die departement se ondersoek na die tragedie afgehandel is of nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.