Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Regsman vas oor beweerde verkragting van stiefdogters

’n Prokureur van Welkom wat teregstaan op die verkragting en seksuele aanranding van sy twee stiefdogters, verskyn Donderdag weer in plaaslike landdroshof.

Die man (51) het Woensdag vir die eerste keer op twee aanklagte van verkragting, seksuele aanranding, seksuele gereedmaking en die wys van pornografiese materiaal aan die kinders in die hof verskyn. Sy verhoor is tot Donderdag uitgestel wanneer hy waarskynlik om borgtog aansoek sal doen.

Die polisie het op sy selfoon, rekenaar en 191 pornografiese DVD’s beslag gelê toe hulle hom in hegtenis geneem het.

Dit blyk dat die twee meisies, wat tussen 16 en 18 jaar oud is, glo vroeër vandeesmaand hul ma in hul vertroue geneem het. Die beweerde misdrywe het tussen 2008 en 2017 plaasgevind.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die man is Dinsdag in sy kantoor in die stad in hegtenis geneem nadat sy vrou die saak op 13 Maart by die polisie aanhangig gemaak het.

Volgens Thakeng het lede van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksmisdade (GKS) ’n deeglike ondersoek gedoen voordat hulle die man aangekeer het.

Die polisie het op sy selfoon, rekenaar en 191 pornografiese DVD’s beslag gelê toe hulle hom in hegtenis geneem het.

Die ondersoek is gedoen deur adjudant-offisiere Juan Jansen en Anja Tait, Fanie van der Merwe en Mandie Jacobs van Welkom se GKS-eenheid.

Meer oor:  Welkom  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.