SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Hof
Regsman wat stiefdogters glo verkrag, weer in arres

’n Bekende prokureur van Welkom wat Donderdag op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding van sy stiefdogters in die hof moet verskyn, is weer in hegtenis geneem.

Kapt. Gift Matsheka van die Sasolburg-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksmisdade (GKS) het die prokureur en sy advokaat-vrou Maandag omstreeks 21:00 by hul huis in Welkom in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, is die 51-jarige prokureur op twee bykomende klagte van verkragting en seksuele aanranding in hegtenis geneem.

Sy 45-jarige vrou is in hegtenis geneem omdat sy na bewering versuim het om haar twee dogters se beweerde verkragting en seksuele aanranding by die polisie aan te meld.

Die prokureur is aanvanklik op 26 Maart in sy kantoor in Welkom in hegtenis geneem. Hy het kort daarna op aanklagte van verkragting, seksuele aanranding, seksuele gereedmaking en die wys van pornografiese materiaal aan kinders in die hof verskyn. Hy is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Die bykomende klagte kom nadat ’n niggie en ’n vriendin van die stiefdogters die prokureur ook daarvan beskuldig het dat hy hulle verkrag en seksueel aangerand het.

Vroeër is berig dat die vroue van onderskeidelik 24 en 18 jaar oud ná die man se inhegtenisneming na vore gekom het.

Die 24-jarige niggie is glo in 2008, toe sy 11 jaar oud was, in Virginia verkrag. Die vriendin is na bewering seksueel aangerand toe sy 14 jaar oud was en in die prokureur se huis oorgeslaap het.

Die prokureur het sy twee stiefdogters, nou tussen 16 en 18 jaar oud, glo tussen 2008 en 2017 seksueel misbruik en sal Donderdag weer op dié aanklagte in die hof verskyn.

Die polisie het op sy selfoon, rekenaar en 191 pornografiese DVD’s beslag gelê.

Meer oor:  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.