Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Marinda sê sy was die 'baasbrein', Cecilia wis niks
  • Cecilia Steyn (37), die vermeende baasbrein van die sogenaamde afspraakmoorde, staan saam met Zak Valentine (34) en Marcel Steyn (21) tereg op 11 moorde en ’n rits klagte wat daarmee verband hou, soos die bedryf van ’n onderneming wat gemoor het om geld te bekom.
  • Cecilia het gister betrokkenheid by al die moorde en gepaardgaande misdrywe ontken en ook ontken dat sy ooit by satanisme betrokke was, buiten dat sy haar op skool by die “goths” geskaar het.
  • Marinda Steyn getuig nou verder.
  • Waarskuwing: Familielede wat die grafiese getuienis oor die moorde aangehoor het, het die hof in trane verlaat. Netwerk24 waarsku vervolgens dat dié getuienis ook sensitiewe lesers kan ontstel.
28 Nov. 15:07:51

Die hof verdaag tot Donderdag.

28 Nov. 15:07:42

Marinda getuig dat sy Cecilia en Ria oopmond gesien soen het. Cecilia en Ria het opgebreek. Ria was baie jaloers op Cecilia. Marinda sê sy weet nie wie met wie opgebreek het nie.

Marinda getuig Cecilia was baie hartseer nadat die verhouding verbrokkel het.

Coetzer: Daar word beweer dat Cecilia Ria wou “terugkry”. En die moorde daaruit gespruit het. Wat sê jy daarop?

Marinda: Soos weerwraak?

Coetzer: Ja.

Marinda: Volgens my het Cecilia net goeie goed gedoen vir Ria - selfs nadat hulle uitmekaar is. Sy sou haar nooit wou seermaak nie.

28 Nov. 15:05:05

Marinda se kêrel, John. Dit is as bewysstuk in die hof ingedien. 

28 Nov. 14:59:45

Coetzer vra oor Marinda se “kêrel”, John. Vorige getuies het aangevoer dat Cecilia dié kêrel vir Marinda en ander groeplede versin het. Hulle mag nooit dié verhoudingsmaats gesien het nie.

Marinda: Dis onwaar. Ek het ‘n kêrel met die naam van John gehad, maar hy was nie fiktief nie. Hy het vir my kom kuier.

28 Nov. 14:58:32

Coetzer: Weet jy van die huwelik tussen Satan en Cecilia?

Marinda: Die hele tronk praat daaroor. Dis nie waar nie.

Coetzer verwys na Cecilia se beweerde bonatuurlike magte soos astrale reise.

Marinda: Nee, dis feëverhale. Ek lees storieboeke soos daardie.


28 Nov. 14:54:57

Coetzer vra oor Ria Grunewald se “Know your Enemy”-handleiding.

Coetzer: Het jy geweet Cecilia en Candie Rijavec het saam gewerk aan hierdie handleiding?

Marinda: Ja, ek het geweet hulle help vir Ria.

Marinda: Die hele doel van die handleiding en Ria se bediening was om mense in te lig dat hulle nie behep moet raak met die “donkerte” nie. Sy het dit ook by die skole aangebied.

28 Nov. 14:53:50

Marinda sê dit het haar twee jaar geneem om uiteindelik vir Cecilia te vertel wat sy aangevang het. Hulle was reeds saam in die tronk toe sy haar vertel het.

28 Nov. 14:53:34

Marinda vertel hulle het die lyke in asdromme na die woonstel se parkeerterrein vervoer. Dan sou hulle die lyke in die kattebakke van die slagoffers se voertuie laai en die voertuie iewers gaan parkeer. Maar in die geval van Lategan was haar motor met die Re/Max-eiendomsagentskap se logo “gemerk” en is haar lyk langs 'n  veld gelos.

28 Nov. 14:51:27

Coetzer vra oor Hanlé Lategan se moord.

Marinda: Ons het deur die Krugersdorp-nuus geblaai en advertensies gesoek. Ek het ‘n afspraak gemaak met haar by my woonstel. Ons het dieselfde modus operandi as die vorige keer gevolg. Sy het vir tyd gespeel. Ek het nie daarvoor tyd gehad nie. Ons het nie baie geld by haar gekry nie. Le Roux het haar verwurg.

28 Nov. 14:49:55

Coetzer: Le Roux het getuig hy moes namens Cecilia gaan inkopies doen met Scholefield se bankkaart. Hy het selfs vir haar 'n baadjie gekoop wat sy telkens na hofverskynings gedra het.

Coetzer vra oor Kevin McAlpine se moord.

Coetzer: Was Cecilia betrokke by die beplanning hiervan?

Marinda: Nee, ek dink sy sou iets gedoen het as sy geweet het. Ons het McAlpine na my woonstel laat kom. Ek sou in die kombuis rond wees en “homey” lyk. Die oomblik toe hy binne was, het ek die geweer op hom gerig en sy bankkaart se geheime nommer gekry. Die oomblik toe ons dit gekry het, het Le Roux hom verwurg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.