Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Bygewerk 15:41
Oorsig
Hof
OORSIG: De Lille bly burgemeester, 'is moeg'

Patricia de Lille is weer heraangestel as burgemeester van Kaapstad totdat ’n hersieningsaansoek afgehandel is oor die DA se proses om haar uit die party te skop. Volg die regstreekse nuus hier.

15 Mei 14:01:56

Die DA sê hulle gaan nié teen die uitspraak appelleer nie. 

15 Mei 13:59:12

De Lille sê na die uitspraak dat sy altyd haar beste werk lewer wanneer sy baklei, maar dat sy nou moeg is daarvoor.

15 Mei 13:44:23

Gamble bevind dat De Lille burgemeester bly asook 'n raadslid.

15 Mei 13:42:19

Gamble sê De Lille en DA het gewys hulle is nie bang om regsprosedures aan die gang te sit nie, en die saak tussen De Lille en die DA kan nog 'n lang pad van regsaksies toon. Dit gaan beteken dat daar nog groot onsekerheid in die Kaapse-metro sal wees.

15 Mei 13:38:51

Gamble wys ook uit dat die huidige waarnemende burgemeester, Ian Nielson, die reg het om 'n nuwe burgemeesterskomitee aan te stel, maar dat hy aangedui het hy wag totdat die uitspraak in De Lille se interdik-aansoek afgehandel is.

15 Mei 13:37:17

Gamble sê die hof is ernstig bekommerd oor die skade wat die inwoners van Kaapstad ly, met die Kaapse-metro wat sy burgemeester asook burgemeesterskomitee verloor het.

15 Mei 13:34:28

Gamble sê die gronde waarop die hof moet besluit of 'n aansoek wel aanvaarbaar is as dringende aansoek, word wel deur De Lille se aansoek gedek.

15 Mei 13:33:03

Gamble verwys na die redes wat De Lille aangevoer het in haar aansoek, onder meer dat sy nie dieselfde deur die DA behandel is as ander lede van die party nie. Ook dat daar nie by die prosedure gehou is toe sy as burgemeester herroep is nie.

15 Mei 13:30:58

Regter Gamble sê daar is grondwetlike kwessies wat deur De Lille aangeroer is in die aansoek, en dat die huidige saak waarskynlik sy pad na die Grondwethof sal kry.

15 Mei 13:30:18

Die radio onderhoud wat De Lille met Eusebius McKaiser gehad het op Radio 702 word deur Gamble genoem. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.