Ninow 'het verskeie beserings'
Adv. Sanet Jacobson, aanklaer, vra dat die saak tot 1
November uitgestel word.
Daar is nog forensiese uitslae, soos vir DNS-toetse, uitstaande. Die
staat versoek ook dat Ninow se selfoon ingehandig word vir forenesiese ontleding.
Riaan du Plessis, vir Ninow, voer aan die beskuldigde hoef
nie selfinkriminerende inligting te voorsien nie, veral nie voordat hy met sy
kliënt gekonsulteer het nie.
Daarby het die beskuldigde beserings tydens sy arrestasie
opgedoen.
Dit is behandel, maar óf nie al die beserings is aangeteken nie, óf
die beserings is ná die mediese ondersoek opgedoen. Talle van die beserings, soos snye, is met 'n gebreekte bottel toegedien deur lede van die publiek by die Dros daardie aand.
Du Plessis noem verkeie beserings wat Ninow opgedoen het.
Van die beserings is deur lede van die publiek tydens die voorval by Dros
toegedien. Ander, beweer hy, is weens aanrandings deur die polisie.
Du Plessis voeg by dat dit "onmenslik is" dat
Ninow tydens die verdaging uit die selle gebring is vir foto's, en dat hy voor die media "geparadeer" word, berig Hanti Otto.