Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Dros-verdagte bly in aanhouding
  • Nicholas Ninow is op Saterdag 22 September in hegtenis geneem op aanklagte van verkragting en die besit van dwelms.
  • Luidens die klagstaat het hy ’n sewejarige meisie van Mamelodi, oos van Pretoria, in die Dros-restaurant in Silverton se vrouebadkamer verkrag.
  • Hy het die meisie glo na die badkamer gevolg, waar haar ma en ander mense hulle in ’n toilethokkie opgespoor het.
  • Ninow is glo aangerand en na die mansbadkamer geneem waar hy toegesluit is totdat die polisie opgedaag het.
  • Hy het kort daarna in die landdroshof in Pretoria verskyn, waarna die saak tot vandag uitgestel is. Die saak is nou verder uitgestel tot 1 November.

02 Okt. 10:17:11

Ninow het 'n besering aan sy regteroor waar hy sowat vier steke gekry het. Hy is in die Dros met 'n gebreekte bottel deur omstanders beseer, voer sy prokureur aan.


02 Okt. 10:15:05

Du Plessis sê Ninow is met sy inhegtenisneming beseer. Dit is nie voorheen genoem nie.


02 Okt. 10:14:05

Die saak duur voort. Ninow gaan nie vandag om borgtog aansoek doen nie.


02 Okt. 10:11:09

02 Okt. 09:59:49

Nicholas Ninow het vroeër vandag met 'n kaalgeskeerde kop die hof ingekom.

Hy het daarna 'n kappie oor sy kop getrek en sit kop-onderstebo en wag dat die saak moet hervat.

02 Okt. 09:56:07

Foto: Deaan Vivier

02 Okt. 09:54:46

"Doodstraf," staan geskryf op sommige van die plakkate wat deur betogers buite die hof rondgeswaai word.

Van die betogers wil hê dat dat die doodstraf teruggebring word om verkragters te straf.

Die polisie se teenwoordigheid is sedert vangoggend verskerp, berig Christiaan du Plessis.

02 Okt. 09:53:46

Politici moenie net by sake wees wat media-aandag kry

Nadat die hof verdaag het, vra hofpersoneel of die burgemeester en politieke groepe soos die ANC-vroueliga "asseblief in die toekoms ook by die verskynings van ander kinderverkragtingsake sal wees, en nie net by dié wat aandag in die media trek nie".

Hulle benadruk hoeveel ander soortgelyke sake hulle daagliks hanteer, berig Hanti Otto.

02 Okt. 09:47:13

Die hof is vir 'n kort rukkie verdaag. Ninow is terug na die hofselle geneem en sal weer uitgebring word sodra die hofverrigtinge voortgaan.

02 Okt. 09:41:59

Die betogers buite die hof gaan voort om te sing en te dans. Foto: Christiaan du Plessis

Meer oor:  Nicholas Ninnow  |  Hof  |  Dros-Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.