Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Getuie oor DNS in Bylsma-saak geroep
  • Xander Bylsma (20) het Vrydag onder kruisondervraging getuig hy het al sedert kort ná sy inhegtenisneming in Mei 2018 vir die moorde op Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht, vermoedens dat Brandon Victor (19), ’n vriend van Sharnelle, skuldig is. “Ek wou (tot dusver) nie vingers wys en slapende honde wakker maak nie,” het Bylsma getuig.
  • Bylsma (20) ontken hy het Sharnelle (17), sy eksmeisie, en Marna (16), sy kleinniggie, in die vroeë oggendure van Saterdag 26 Mei 2018 vermoor.
  • Die twee boesemvriendinne is in die Hoërskool Stella se meisieskoshuis verwurg.
  • Bylsma het enkele ure nadat die meisies se lyke die Saterdagoggend omstreeks 06:00 gevind is, 'n bekentenis afgelê en die volgende dag uitwysings gedoen. Daarin het hy glo erken hy het Sharnelle verwurg en opgehang en Marna "versmoor".
  • Later het hy egter beweer hy is onskuldig, en dat hy gedreig en voorgesê is om skuld te beken.
  • Regter Ronald Hendricks het egter vroeër vanjaar tydens 'n binneverhoor beslis hy laat die bekentenis en uitwysings voorlopig as bewysstukke in die hof toe.
  • Adv. Johan Smit SC, vir die staat, het Donderdag sy saak gesluit. Van die getuies wat hy geroep het, het onder meer getuig Bylsma kon nie verwerk dat hy en Sharnelle se verhouding iets van die verlede was nie en dat hy na bewering dae vóór die moorde gedreig het om haar "lewe hel te maak en haar tot selfmoord te dryf".
  • Bylsma het Sharnelle glo ook enkele ure voor die moorde ten aanhore van 'n vriend in kru taal geskel en gesê hy "hoop sy sal hou van wat hy gaan doen".
  • Bylsma ontken dat hy enige van hierdie dreigemente of uitlatings gemaak het.
  • Hy is die eerste getuie wat sy sy regspan, adv. Sakkie Nel en prokureur Conrad Bester, roep om die verdediging se saak te voer.

02 Des. 13:06:48

Die getuie staan af. Die verdediging sê hulle gaan more 'n DNS-kundige roep om te getuig. Die saak word uitgestel na Dinsdagoggend 11:00.

02 Des. 13:06:28

Regter Ronald Hendricks vra Du Preez of hy net moes kyk na die beweging van daardie voertuig?

Du Preez: Ja, want dis die enigste wat in daardie tyd gery het. McDonald het meer as 350 voertuie wat na verskillende plekke ry.

Hendricks: Maar dit was die enigste een wat die plaas op 26 Mei 2018 verlaat het?

Du Preez: Die enigste een wat 'n Ctrack-toestel gehad het.

Hendricks: Moes jy al die voertuie vir daardie dag trek, of is u net die nommer van daardie spesifieke trok gegee om te kontroleer?

Du Preez: Die nommer is vir my gegee ja, maar ek het ook ander voertuie gekontroleer. Die verdediging het my die opdrag gegee om daardie spesifieke trok te kontroleer.

02 Des. 13:03:28

Smit is nou klaar met kruisondervraging. Nel het geen verdere vrae nie.

02 Des. 13:02:11

Smit: Indien u dus nie by was toe die proses gevolg is nie, kan u nie sê of dit gedoen is nie?

Du Preez: Die sertifikaat sou nie uitgereik kon word indien dit nie gebeur het nie. Hy moes dus deur die proses gegaan het. Maar ja, ek was nie fisiek teenwoordig nie.

Smit: U neem aan u kollega is eerlik en sal dit doen?

Du Preez: Die stelsel is so ontwerp dat jy nie tot die volgende stap kan oorgaan indien die vorige nie gedoen is nie.

02 Des. 12:58:17

Smit: Wie het die sertifikaat uitgereik wat sê die instrument werk goed?

Du Preez: Die tegnikus doen dit nadat hy verskeie toetse uitgevoer het.

Smit: In hierdie geval Van Wyk?

Du Preez: Ja.

02 Des. 12:55:30

Smit: Daar is geen bestuurder vir 26 Mei geïdentifiseer nie? Net vir 25 Mei.

Du Preez: Dis korrek.

Smit: Wie sit die inligting oor die identiteit van die bestuurder in?

Du Preez: Die bestuurder van die voertuig moet dit doen.

02 Des. 12:54:38

Smit: Mens kan seker aanvaar die bestuurslui van McDonalds sal deur hierdie rekords gaan indien hulle nougeset is?

Du Preez: Ja, dis beskikbaar vir hulle.

Smit: Ek vind geen verwysing in u verslag na 'n Volvo-vragmotor nie.

Du Preez: Daar is geen aanduiding in die verslag van 'n Volvo-vragmotor nie.

02 Des. 12:51:55

Smit: Is dit moontlik dat iets verkeerd kan gaan met die kallibrasie van die instrument vandat dit geïnstalleer is tot 'n later stadium?

Du Preez: Nee, want ons gebruik GPS.

02 Des. 12:51:05

Smit: Toets die tegnici of die instrument wat geïnstalleer is, werk?

Du Preez: Ja, ons moet.

Smit: Is dit hier gedoen?

Du Preez: Die installasie-sertifikaat word nie uitgereik as dit nie gedoen is nie. Ek het dit op my rekenaar vir hierdie installasie en sal dit kan uitdruk en verskaf.

02 Des. 12:50:33

Du Preez sê ene Nicholas van Wyk het die instrument op 27 November 2013 geïnstalleer.

Smit: Wie vervaardig hierdie instrumente?

Du Preez: Ons maatskappy maak dit self by ons fabriek Digital Electronics. 

Meer oor:  Mmabatho  |  Stella-Moordvoerhoor  |  Xander Bylsma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.