Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Getuie oor DNS in Bylsma-saak geroep
  • Xander Bylsma (20) het Vrydag onder kruisondervraging getuig hy het al sedert kort ná sy inhegtenisneming in Mei 2018 vir die moorde op Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht, vermoedens dat Brandon Victor (19), ’n vriend van Sharnelle, skuldig is. “Ek wou (tot dusver) nie vingers wys en slapende honde wakker maak nie,” het Bylsma getuig.
  • Bylsma (20) ontken hy het Sharnelle (17), sy eksmeisie, en Marna (16), sy kleinniggie, in die vroeë oggendure van Saterdag 26 Mei 2018 vermoor.
  • Die twee boesemvriendinne is in die Hoërskool Stella se meisieskoshuis verwurg.
  • Bylsma het enkele ure nadat die meisies se lyke die Saterdagoggend omstreeks 06:00 gevind is, 'n bekentenis afgelê en die volgende dag uitwysings gedoen. Daarin het hy glo erken hy het Sharnelle verwurg en opgehang en Marna "versmoor".
  • Later het hy egter beweer hy is onskuldig, en dat hy gedreig en voorgesê is om skuld te beken.
  • Regter Ronald Hendricks het egter vroeër vanjaar tydens 'n binneverhoor beslis hy laat die bekentenis en uitwysings voorlopig as bewysstukke in die hof toe.
  • Adv. Johan Smit SC, vir die staat, het Donderdag sy saak gesluit. Van die getuies wat hy geroep het, het onder meer getuig Bylsma kon nie verwerk dat hy en Sharnelle se verhouding iets van die verlede was nie en dat hy na bewering dae vóór die moorde gedreig het om haar "lewe hel te maak en haar tot selfmoord te dryf".
  • Bylsma het Sharnelle glo ook enkele ure voor die moorde ten aanhore van 'n vriend in kru taal geskel en gesê hy "hoop sy sal hou van wat hy gaan doen".
  • Bylsma ontken dat hy enige van hierdie dreigemente of uitlatings gemaak het.
  • Hy is die eerste getuie wat sy sy regspan, adv. Sakkie Nel en prokureur Conrad Bester, roep om die verdediging se saak te voer.

02 Des. 12:47:52

Smit: Het u die instrument in hierdie voertuig geïnstalleer?

Du Preez: Nee 'n Ctrack-tegnikus het dit gedoen; ek het die rekord daarvan op my skootreknaar.

02 Des. 12:47:38

Smit kruisondervra nou vir Du Preez.

Smit: Is dit so dat die hoofbron van u inligting van die instrument kom wat in die voertuig geinstalleer is?

Du Preez: Ja.

Smit: Ek sien nie inligting oor die maak of reeksnommer van die instrument in u dokument nie?

Du Preez: Net die voertuig se nommer word aangedui, nie die reeksnommer nie. 

02 Des. 12:45:21

Nel: Is daar iets wat u opval aan die vragmotor se beweging toe dit by die plaas aangekom het op die 25ste en verlaat het op die 26ste?

Du Preez: Ja, dit het elke keer twee keer op pad in en op pad uit gestop. Dit kan dalk gewees het om te stop vir hekke, maar 'n mens kan nie met sekerheid sê nie.

02 Des. 12:42:44

Daar is ook 'n foto van die voertuig wat om 26 Mei 2018 om 04:24 uit die plaas in die hoofpad na Vryburg draai.

02 Des. 12:38:55

Nel: En dis 100 persent korrek, soos bepaal deur Ctrack?

Du Preez: Ja, dis die afstand wat die voertuig gery het.

02 Des. 12:37:36

Nel: Dis omtrent 64 km vanaf Kameelfontein na Stella?

Du Preez: Ja.

02 Des. 12:35:04

Die vragmotor was toe 'n geruime tyd op Kameelfontein. Dis om 4:02 die oggend van 26 Mei 2018 weer op Kameelfontein aangeskakel. Du Preez sê die eerste keer wat die voertuig weer buite Kameelfontein geregistreer is, was 4:26.

02 Des. 12:29:35

Volgens Du Preez was die vragmotor in die tyd ter sprake geruime tyd op die plaas Kameelfontein (waar Xander se ma gewoon het). Dis sowat 17 km vanaf Vryburg. Die vragmotor het die aand omstreeks 21:30 op Kameelfontein aangekom.

02 Des. 12:26:39

Du Preez lees nou 'n naam voor, ene Mpumelelo Nzonda het die vragmotor bestuur.

02 Des. 12:23:43

Du Preez kyk nou op sy rekenaar wie die vragmotor in die tyd ter sprake bestuur het.

Meer oor:  Mmabatho  |  Stella-Moordvoerhoor  |  Xander Bylsma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.