Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Stella-moordverhoor gaan op 13 Mei voort
Xander Bylsma Foto: Felix Dlangamandla

  • Xander Bylsma (19) word sedert Dinsdag in die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes, verhoor weens die moorde op Sharnelle Hough (17), sy voormalige meisie, en Marna Engelbrecht (16), sy kleinniggie.
  • Die verdediging het Donderdag voortgegaan om Chris Saunders, die private speurder, te kruisondervra. Bylsma het glo teenoor Saunders gebieg dat hy die moorde gepleeg het.
  • Die verdediging voer nou aan Saunders het hom voorgesê en dat hy die bekentenis afgelê het omdat Saunders hom gedreig het. 
  • Die binneverhoor om te bepaal of Bylsma se bekentenis toelaatbaar is, sal voortgesit word as die saak hervat.
15 Mrt. 12:38:47

Rai sê hy het meer tyd nodig om Bylsma te konsulteer nadat Lange getuig het. Die verhoor word uitgestel. Dit sal op 13 Mei voortgaan en weer tot 24 Mei duur.

15 Mrt. 12:35:24

Die verrigtinge hervat.

15 Mrt. 12:31:20

15 Mrt. 12:19:58

Kol. Dawie Lange. Rai gaan hom na verwagting binnekort begin kruisondervra. Lange het die uitwysings, wat Bylsma gedoen het, ná die bekentenis hanteer. Lange het getuig dat Bylsma ontspanne en kalm voorgekom het, dat hy by sy volle positiewe was en dat al sy regte aan hom voorbehou was. Bylsma het ook herhaaldelik gesê hy doen die uitwysings vrywillig.  Foto: Felix Dlangamandla

15 Mrt. 11:59:53

Rai sê nou hulle is nie gereed om voort te gaan met kruisondervraging nie, hy het tyd nodig om eers weer met Bylsma te vergader in die lig van dié getuienis. Hendricks verdaag die hof nou tot 12:15.

15 Mrt. 11:59:08

'Hy was nie arrogant nie'

Bylsma het ná die uitwysings aangedui hy is tevrede met die inhoud van die uitwysings en het geen klagtes oor die manier waarop dit gedoen is nie. Bylsma het die uitwysingsvorm met die inligting wat hy verskaf het, geteken. Hy het ook aangedui hy verstaan alles.

In die vorm verklaar Lange voorts dat al Bylsma se regte aan hom voorgehou is en hy hom op geen manier geïntimideer het nie.

Smit vir die staat, aan Lange: Het jy ooit 'n probleem gehad om met die beskuldige te kommunikeer?

Lange: Nee.

Smit: Wat was sy houding? Hardekwas, arrogant of het hy sy samewerking gegee?

Lange: hy was ontspanne, maar stil. Hy was spontaan. Hy was nie arrogant of astrant nie. Hy het sy samewerking gegee.

Smit sluit sy ondervraging af.

15 Mrt. 11:44:34

Monté, Bylsma se pa, moes vroeër die hof verlaat, want die verdediging gaan hom dalk later as 'n getuie roep. Foto: Felix Dlangamandla

15 Mrt. 11:38:35

'Skoon maar gespanne'

Bylsma antwoord weer in die vorm hy is nugter, hy is by sy volle positiewe en hy doen die uitwysings vrywillig sonder enige beïnvloeding. Hy lyk skoon, maar gespanne oor die voorval. Hy lyk bekommerd. Nadat die uitwysings gedoen is, is Bylsma saam met die polisie terug Vryburg toe.

Die inhoud van die uitwysings word ook nie nou bekend gemaak nie omdat die hof nou besig is met die binneverhoor. Die inhoud sal tydens die verhoor bekend gemaak word, indien die uitwysings as getuienis toegelaat word.

15 Mrt. 11:34:10

Bylsma sê in vorm niemand het hom beïnvloed

Bylsma sê in die vorm geen beloftes is aan hom gemaak om hom te beïnvloed om die uitwysings te doen nie. Hy sê niemand het hom beïnvloed om die uitwysings te doen nie. Hy is ook geen voordele beloof indien hy die uitwysings sou doen nie.

Bylsma sê die voorval met betrekking tot die uitwysings het omstreeks 03:30 op Saterdag 26 Mei gebeur.

Bylsma dui aan hy is steeds gewillig om die uitwysings te doen.

Bylsma het toe vir Lange iets vertel wat neergeskryf is. Die inhoud daarvan word nie nou bekend gemaak nie.

15 Mrt. 11:32:12

Bylsma 'weet waarom hy in hegtenis geneem is'

Bylsma antwoord in die vorm hy weet hy gaan nou uitwysings doen. Hy sê in die vorm hy doen die uitwysings uit vrye wil en dat hy weet hoekom hy in hegtenis geneem is. Bylsma sê hy is nie aangerand, gedreig of beïnvloed deur enigiemand om die uitwysings te doen nie. Bylsma sê hy het geen beserings nie. Die fotograaf het ook foto's van Bylsma geneem en hy het sy hemp uitgetrek. Daar was geen sigbare beserings nie.

Meer oor:  Xander Bylsma  |  Stella  |  Mmabatho  |  Stella-Moordverhoor  |  Moord  |  Stella-Moorde  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.